Vergaderinge om ons te help dissipels maak
WEEK WAT BEGIN MET 5 AUGUSTUS
10 min: Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Doen een of twee tydskrifaanbiedinge aan die hand wat gepas sal wees vir die plaaslike gebied, en moedig alle verkondigers aan om hierdie naweek in die velddiens uit te gaan. Bring Redenering-boek volgende week na die Diensvergadering.
20 min: “Loof God se naam ten volle.” Vraag-en-antwoordbespreking. Sluit af met ’n goed voorbereide demonstrasie wat toon hoe die huidige Onderwerp vir gesprekke gebruik kan word. Pas by plaaslike omstandighede aan. Nadat ’n verkondiger hom gepas voorgestel het, kan hy sê: “Ons bespreek vandag met ons bure hoe belangrik dit is om ’n optimistiese beskouing van die toekoms te hê. Wêreldleiers praat dikwels oor hulle planne vir ’n beter wêreld. Waarop berus hulle hulle verwagtinge? Glo jy dat mense in staat is om ’n beter wêreld te bring? [Laat huisbewoner antwoord.] Die profeet Jeremia het in Jeremia 10:23 iets hieroor gesê. [Lees.] Ons kan net optimisties wees oor die toekoms omdat ons geleer het van die belofte wat God self gemaak het. En sy belofte sal nie misluk nie. Kyk wat die apostel Petrus geskryf het. [Lees 2 Petrus 3:13.] Let op hoe hierdie vaste belofte van God in hierdie brosjure bespreek word.” Verkondiger toon dan aan huisbewoner gepaste inligting in brosjure wat aangebied word.
15 min: “Plant en natmaak—Stappe om dissipels te maak.” Bespreek paragrawe 1-9, bladsy 3, van byvoegsel met gehoor. Wanneer paragrawe 7-9 bespreek word, moet materiaal prakties toegepas word deur middel van baie kort onderhoude met verkondigers wat die dinge wat gemeld is, kon doen, of deur plaaslike ondervindinge wat die gedagtes toelig. Maak seker dat ondervindinge of onderhoude kort en saaklik is.
Lied 130 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 12 AUGUSTUS
10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Lees Genootskap se erkennings en betuigings van waardering vir bydraes wat gestuur is. Prys gemeente ook vir hulle geldelike ondersteuning van plaaslike gemeente se behoeftes. Moedig broers aan om velddiens te doen gedurende naweek en op ander tye wanneer daar reëlings vir groepgetuieniswerk is.
15 min: “Wees heelhartig in die veldbediening—Deel 2.” Bemoedigende en leersame toespraak wat materiaal in artikel dek en toon hoe Redenering-boek gebruik moet word. Dit is nie nodig dat ander die gedagtes wat gemeld word, demonstreer nie, maar die spreker kan eenvoudig toon hoe om materiaal in hierdie goeie velddiensinstrument te soek en te gebruik. Demonstreer kortliks waarde van oefensessies ter voorbereiding van velddiens. As die tyd dit toelaat, kan verkondiger genooi word om te verduidelik hoe hy of sy dit doen.
20 min: “Plant en natmaak—Stappe om dissipels te maak.” Ná ’n kort inleiding wat handel oor die materiaal wat verlede week gedek is, moet ’n vraag-en-antwoordbespreking van paragrawe 10-20, bladsye 3 en 4, van die byvoegsel gehou word. Sommige verkondigers kan moontlik vertel hoe hulle hulle bediening verbeter het en Bybelstudies begin het deur wenke toe te pas wat in vorige nommers van Ons Koninkryksbediening genoem is.
Lied 48 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 19 AUGUSTUS
10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. “Werk hard om God se wil te doen.” Moedig broers aan om reëlings te tref sodat hulle die spesiale byeenkomsdagprogram vir 1992 kan bywoon. Kondig datum en plek aan, indien bekend. Indien die tyd dit toelaat, moet melding gemaak word van die mees gepaste artikels in huidige tydskrifte wat hierdie naweek van huis tot huis aangebied kan word.
20 min: “Bied die goeie nuus aan—in gebied wat dikwels gedek word.” Vrae en antwoorde. Pas inligting plaaslik toe of pas aan by gemeente se behoeftes.
15 min: “Gemeentelike Boekstudiereëling—Deel 2.” Bemoedigende toespraak deur ’n bekwame boekstudiehouer.
Lied 25 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 26 AUGUSTUS
15 min: Plaaslike aankondigings. Uitvoerige bespreking van gemeente se reëlings vir velddiens en wat gedoen word om die pionierverkondigers aan te moedig en te help. Skenk veral aandag aan die behoeftes van diegene wat hulle pionierdiens op 1 September begin. Meld hoe werk in ontoegekende gebied vorder. Stel gemeente in kennis van reëlings vir September en moedig almal aan om ten minste een naweek van die maand in die ontoegekende gebied te werk. Moedig verkondigers aan om hierdie naweek velddiens te doen, en herinner hulle daaraan om ’n voorraad Skepping-boeke te kry sodat hulle dit Sondag, 1 September, in die velddiens kan begin gebruik.
15 min: Plaaslike behoeftes. Kan inligting in inleidingsartikels van die Ontwaak! van 8 Junie 1991 gebruik as grondslag vir ’n toespraak of ’n bespreking oor skinderpraatjies.
15 min: Vraebus. Vraag-en-antwoordbespreking. Beklemtoon die seëninge wat verkry word wanneer teokratiese aanbevelings gevolg word.
Lied 16 en slotgebed.