Teokratiese nuus
Benin: Die rapport vir April toon dat 2793 verkondigers 4442 tuisbybelstudies gehou het en 30 814 herbesoeke gedoen het. Hierdie syfers verteenwoordig drie nuwe hoogtepunte.
Bulgarye: Die verkondigersyfer het in slegs een jaar gestyg van 107 tot 218, wat in Maart gerapporteer het. Dit is ’n vermeerdering van 104 persent. Die verkondigers het gemiddeld 19,7 uur in die velddiens deurgebring en altesaam 585 tuisbybelstudies gehou. Hulle eerste spesiale byeenkomsdag is in Maart gehou en is deur 900 bygewoon.
Duitsland: In Maart het 159 821 verkondigers gerapporteer, wat ’n vermeerdering van 3 persent oor verlede jaar se gemiddeld is.
Ecuador: Die Gedenkmaal is hierdie jaar deur 99 987 bygewoon. Met ’n nuwe hoogtepunt van 21 734 verkondigers in April word daar verwag dat verdere groei sal plaasvind.
Nicaragua: Gedurende April is nuwe hoogtepunte in feitlik alle aspekte van die Koninkryksdiens bereik. Die Gedenkmaalopkoms was vyf keer soveel as die totale verkondigersyfer, wat 9629 vir die maand was.
Suid-Afrika: Die volgende Koninkryksale is toegewy: Diepkloof (Soweto), Amanzimtoti, Lenasia (suid van Johannesburg) en Eersterust (Pretoria).
Tsjeggo-Slowakye: ’n Nuwe hoogtepunt van 25 111 verkondigers het in Maart gerapporteer. Dit is ’n vermeerdering van 9 persent oor verlede jaar se gemiddeld.