Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/92 bl. 2
  • Diensvergaderinge vir Julie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderinge vir Julie
  • Ons Koninkryksbediening—1992
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 6 Julie
  • Week wat begin met 13 Julie
  • Week wat begin met 20 Julie
  • Week wat begin met 27 Julie
Ons Koninkryksbediening—1992
km 7/92 bl. 2

Diensvergaderinge vir Julie

Week wat begin met 6 Julie

Lied 123

10 min: Gepaste Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening en enige plaaslike aankondigings. Beklemtoon ook twee spesifieke gesprekspunte wat gebruik kan word wanneer Die Wagtoring van 1 Julie 1992 aangebied word. Moedig elke verkondiger aan om hom dit ten doel te stel om gereeld elke week aan die bediening deel te neem en om stiptelik aan die einde van die maand ’n rapport in te gee.

20 min: “Gebruik brosjures om jou Koninkrykshoop bekend te maak.” Vraag-en-antwoord-bespreking; demonstrasies. Laat gemeente weet watter brosjures in voorraad is, en vra kommentare van gehoor oor watter brosjures veral gepas sal wees vir die plaaslike gebied. Demonstreer, wanneer paragraaf 9 bespreek word, hoe gepaste brosjure in ’n informele situasie vir ’n buurman, ’n kollega by die werk of op ’n ander plek aangebied kan word. Laat verkondigers wat vooraf aangewys is ondervindinge vertel wat hulle in die gebruik van brosjures gehad het. Moedig broers op geesdriftige wyse aan om gedurende Julie ’n volle deelname daaraan te hê om die brosjures aan te bied.

15 min: Hoe ek die waarheid gevind het. Ondervindinge. Ouere man voer onderhoude met twee of drie verkondigers. Beklemtoon hoe God se Woord en organisasie hulle tot die punt van toewyding en doop beweeg het. Beklemtoon die voordele wat hulle geniet omdat hulle in die waarheid is.

Lied 165 en slotgebed.

Week wat begin met 13 Julie

Lied 193

10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Teokratiese nuus. Herinner die gemeente aan die velddiensreëlings.

20 min: “Hoe ons die lektuur by ons inleiding kan inskakel.” Kort toespraak en demonstrasies. Reël dat jong verkondiger die skriftuurlike aanbieding demonstreer en die wenke gebruik wat in paragraaf 2 gemaak is. Gebruik die benadering wat in paragraaf 5 uiteengesit word wanneer jy Jesaja 65:21-23 inlei. ’n Ander verkondiger kan die aanbod met die “Kyk”-brosjure demonstreer en die wenke in paragrawe 3 en 4 daarby inwerk. In albei gevalle moet die voorsitter beklemtoon hoe die lektuuraanbod by die aanbieding ingeskakel is. Toon in een demonstrasie wat verkondiger sal doen as geen noemenswaardige belangstelling deur huisbewoner getoon word nie. Herinner gemeente daaraan om hulle brosjures en tydskrifte ná die vergadering te kry.

15 min: Vrae oor Armageddon. Toespraakdekking van materiaal uit die Redenering-boek, bladsye 46-51.

Lied 137 en slotgebed.

Week wat begin met 20 Julie

Lied 8

15 min: Plaaslike aankondigings. Bespreek gemeente se velddiensrapport vir Junie, en gee lof sowel as die nodige aanmoediging waar die gemeente kan verbeter. Toon hoe bepeinsing oor die jaarteks ons kan help om ware geluk te vind terwyl ons aan die veldbediening deelneem en met die gemeente omgaan (Rom. 12:9-16). Bespreek finale reëlings vir ontoegekende gebied waar dit van toepassing is. Gebruik punte uit die bylae van die brief van 1 Junie 1992. Moedig almal hartlik aan om die reëlings vir die kampanje heelhartig te ondersteun.

15 min: “Bied jy Bybelstudies aan?” Vraag-en-antwoord-bespreking wat deur gekose ondervindinge gevolg word wat toon hoe Bybelstudies tydens die aanvanklike besoek of ’n herbesoek begin kan word.

15 min: Plaaslike behoeftes of toespraak gebaseer op die artikel: “‘Gaan voort om reggestel te word’” in Die Wagtoring van 1 November 1990.

Lied 184 en slotgebed.

Week wat begin met 27 Julie

Lied 180

10 min: Plaaslike aankondigings. Vraebus. Diensopsiener kan aangewys word om hierdie deel te behartig.

20 min: “Wakker belangstelling aan in die Koninkryksboodskap.” Demonstreer ná ’n kort inleiding hoe ’n herbesoek gedoen word op (1) iemand wat die jongste tydskrifte geneem het, (2) iemand wat belangstelling getoon het, maar nie lektuur geneem het nie en (3) iemand wat die “Kyk”-brosjure geneem het. Lê in elke geval ’n grondslag vir ’n volgende herbesoek.

15 min: “Ons moet God se Woord aanneem, toepas en daarby baat vind.” Vra broers wat voorbereid is om kommentaar te lewer oor hulle waardering vir kringbyeenkomste oor die algemeen. Kan die aandag vestig op waardevolle punte wat by vorige kringbyeenkomste geleer is. Hou dan ’n vraag-en-antwoord-bespreking van die artikel op bladsy 1. Kondig datum aan van volgende kringbyeenkoms, as dit bekend is, en moedig almal aan om dit by te woon.

Lied 157 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel