Hou Bybelstudies in die Paradys op aarde-boek
1 Een vrou het aangaande die Paradys op aarde-boek gesê: “Naas die Bybel self is hierdie boek die akkuraatste, inspirerendste en motiverendste boek wat ek nog gelees het!” Ons stem almal saam dat hierdie boek een van die voortreflikste boeke is wat nog gepubliseer is om mense te help om die Bybel te verstaan en hulle veral te motiveer om bedrywige lowers van Jehovah te word.
2 In 1982, die jaar wat die Paradys op aarde-boek vrygestel is, het 28 783 verkondigers ’n gemiddelde van 17 791 Bybelstudies in Suid-Afrika gehou. Tans hou 54 939 verkondigers 53 352 Bybelstudies. Tot op hede is daar reeds 62 miljoen eksemplare van die Paradys op aarde-boek in 115 tale gedruk. Wat ’n wonderlike uitwerking het hierdie boek tog op ons wêreldwye werk!
3 Stel doelwitte: Hierdie uitstekende groei is te danke aan Jehovah se seën en sy volk se gretigheid om opregtes met behulp van die Bybel se lewensreddende boodskap te help (Rom. 10:13-15; 1 Tim. 2:4). Ons besef hoe dringend die tye is en hoe noodsaaklik dit is om ywerig in die verkondiging van God se Koninkryk te wees.
4 Hoewel die organisasie vooruit beweeg, kan ons ons afvra hoe ons persoonlik vaar. Is ons vasbeslote om ’n volle aandeel aan die lewensbelangrike dissipelmaakwerk te hê? Om dit te bereik, moet ons persoonlike doelwitte stel. Kan ons meer pligsgetrou daarin wees om na belangstellendes terug te gaan? Stel gerus ’n doelwit om gedurende Februarie ’n nuwe Bybelstudie te begin.
5 Wie kan ’n Bybelstudie hou?: Baie verkondigers van verskillende agtergronde het al die vreugde gesmaak om ’n Bybelstudie in die Paradys op aarde-boek te hou. Die boek se eenvoudige styl maak dit makliker om ’n studie te hou en maak dit selfs vir nuwer verkondigers moontlik om aan hierdie belangrike werk deel te neem. Daarbenewens het baie van ons dit al persoonlik bestudeer en dus is ons met die inhoud vertroud. Een verkondiger wat voor die Paradys op aarde-boek geen Bybelstudies in ’n ander boek gehou het nie, het uit waardering geskryf: “Ek het drie studies en gaan ’n vierde begin. Ek kan julle nie genoeg bedank dat julle dit so maklik gemaak het om ’n Bybelstudie te hou nie.”
6 Jongmense neem ook deel aan die Bybelstudiewerk deur die Paradys op aarde-boek te gebruik. Een jong broer los die boek op sy skoolbank. Dit het al tot goeie besprekings en ’n hele paar Bybelstudies gelei. Party jongmense het al die direkte benadering gebruik deur die ouers wat hulle in die huis-tot-huis-bediening teëkom te vra of hulle ’n Bybelstudie met hulle kinders mag hou. Ons kinders is nooit te jonk om oor Jehovah se beloftes van ewige lewe op ’n paradysaarde te praat nie.
7 Een van die grootste vreugdes wat enigiemand, hetsy jonk of oud, in die bediening kan smaak, is om ’n tuisbybelstudie met iemand te hou. Laat ons dus elkeen om Jehovah se hulp bid en elke geleentheid aangryp om ons hoop voor ander te bely. Gebruik die Paradys op aarde-boek om ander te help om te leer hoe hulle ook ons God, Jehovah, kan loof.—Ps. 148:12, 13.