Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/95 bl. 4
  • Maak goed gebruik van ons boeke

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Maak goed gebruik van ons boeke
  • Ons Koninkryksbediening—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • Gebruik jy hierdie brosjures?
    Ons Koninkryksbediening—2012
  • Preek met insig
    Ons Koninkryksbediening—1996
  • Voorgestelde velddiensaanbiedings
    Ons Koninkryksbediening—2005
  • Hoe om die Leer Bybel-boek aan te bied
    Ons Koninkryksbediening—2006
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1995
km 1/95 bl. 4

Maak goed gebruik van ons boeke

1 Jehovah voorsien ons van ’n oorvloed van ryk geestelike voedsel. Baie van hierdie materiaal is in die vorm van boeke met 192 bladsye wat in onlangse jare uitgegee is. Gedurende Januarie gaan ons twee van hierdie boeke met 192 bladsye aanbied, naamlik: Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind? of Wêreldwye veiligheid onder die “Vredevors”. As jy nie hierdie boeke by die huis het nie, moet jy asseblief ’n voorraad by die lektuurtoonbank kry. Dit sal goed wees as jy ’n paar gesprekspunte kan hersien om in jou aanbieding te gebruik.

2 As jy die boek “Wêreldwye veiligheid onder die ‘Vredevors’” gebruik, kan jy begin deur te sê:

◼ “Christene bid al byna 2 000 jaar dat God se Koninkryk moet kom. Wat dink jy sal die Koninkryk vir die mensdom doen? [Laat die huisbewoner antwoord. Blaai na die prent op bladsye 4 en 5 en wys op die vreedsame toestande wat onder die Koninkryksheerskappy verwesenlik sal word.] Hierdie boek bespreek dinge wat die Koning van hierdie Koninkryk, die Vredevors, Jesus Christus, gaan doen en verduidelik hoe jy en jou geliefdes daarby kan baat vind. As jy dit wil lees, sal ek graag ’n eksemplaar by jou wil laat teen net R3,50.”

3 As jy die boek “Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind?” aanbied, moet jou Bybel by Openbaring 21:3,4 oop wees, en wanneer die huisbewoner die deur oopmaak, kan jy sê:

◼ “Hoe sal jy daarvan hou om in ’n wêreld te lewe waar daar geen dood of droefheid meer is nie? Dit is die belofte wat in die laaste boek van die Bybel, Openbaring, opgeteken is. Let op wat dit hier in Openbaring 21:3,4 sê. [Lees die teks.] Dink jy dat ons ooit die vervulling van hierdie woorde sal sien?” Laat die huisbewoner antwoord. Blaai na bladsy 102 in die Ware vrede-boek en lees paragraaf 20. Beklemtoon hoe net God se nuwe wêreld ’n einde aan siekte en die dood sal maak en ware vrede en veiligheid sal bring. Sê vir die huisbewoner dat jy baie graag die boekie teen ’n bydrae van R3,50 by hom wil laat en wil terugkom om die bespreking voort te sit.

4 Jy verkies dit dalk ook om die brosjure “Gee God werklik vir ons om?” te gebruik. Indien wel, kan jy sê:

◼ “Baie mense wonder waarom God soveel lyding in die wêreld toelaat. Aangesien hy almagtig is, waarom doen hy nie iets om ons ellende te beëindig nie? Hoe voel jy hieroor? [Laat die huisbewoner antwoord.] Die Bybel gee ons die versekering dat God ons nie verlaat het nie.” Blaai na bladsy 27, paragraaf 22, en lees Psalm 37:11, 29. Vestig die aandag op die aantreklike prent wat uitbeeld waarna ons kan uitsien. As die brosjure geneem word, kan jy aanbied om terug te kom om te toon hoe dit vir Bybelstudie gebruik kan word.

5 Ons lektuur het duisende mense al beweeg om die Bybel noukeuriger te ondersoek. Wat hulle geleer het, het hulle die hoop op ’n gelukkige toekoms gegee (Ps. 146:5). Dit is ons voorreg om hulle te help.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel