Soek na mense wat gewillig is om te leer
1 “Geen mens kan na my toe kom tensy die Vader, wat my gestuur het, hom trek nie” (Joh. 6:44). Jehovah, wat die hart deursoek, sal diegene beloon wat gewillig is om te leer en toepas wat hulle leer (Jer. 17:10; Joh. 6:45). Ons het die voorreg om sy medewerkers te wees terwyl ons na sagmoediges soek wat na ’n nuwe wêreld smag.—Ps. 37:11; 1 Kor. 3:9.
2 Jesus het sy dissipels as “vissers van mense” beskryf (Matt. 4:19). Hoewel daardie soort werk soms veeleisend kan wees, verskaf dit groot bevrediging wanneer goeie resultate verkry word. Ons werk nie vir ons eie gewin nie, maar ons red eintlik die “visse” van ’n gewisse vernietiging. ’n Suksesvolle visser moet weet hoe om die vis aan te lok. Ons moet eweneens die Koninkryksboodskap op ’n interessante manier aanbied sodat dit die belangstelling van ons hoorders sal prikkel. Dit is veral die geval wanneerons herbesoeke doen. Wat kan ons sê?
3 As belangstelling getoon is in die “Wagtoring”-artikels oor godsdiens, kan jy sê:
◼ “Ons het die vorige keer gesels oor waarom baie mense nie daarvan hou om oor godsdiens te praat nie. Dink jy nie dat dit vreemd is nie, aangesien die meeste van ons bure sê dat hulle Christene is? Miskien wonder jy waarom godsdiens ’n onderwerp is waaroor daar soveel gestry en getwis word.” Laat die huisbewoner antwoord. Blaai na bladsy 171 in die Redenering-boek, en bespreek ’n paar gedagtes onder die tussenhofie “Waarom is daar so baie gelowe?”
4 Jy kan hierdie soortgelyke benadering gebruik om ’n gesprek oor die onderwerp van godsdiens te begin:
◼ “Is daar ’n manier waarop ons kan vasstel of ons die ware geloof het? [Laat die huisbewoner antwoord.] Omdat daar soveel verskillende gelowe is, voel baie mense verward en onseker.” Blaai in die Redenering-boek na bladsye 178-9 waar dit die vraag bespreek: “Hoe kan ’n mens weet watter geloof reg is?” Lewer kortliks kommentaar oor vraag5: “Het die lede daarvan mekaar waarlik lief?” Verduidelik hoe meer geleer kan word met behulp van ’n persoonlike Bybelstudie.
5 As dit gelyk het of die huisbewoner bekommerd is oor wêreldtoestande, sal jy moontlik die volgende wil probeer:
◼ “Jy is blykbaar bekommerd oor die slegte toestande waaronder ons moet lewe en ons gesinne moet grootmaak. Die Bybel openbaar ’n wonderlike belofte wat God in die nabye toekoms gaan vervul.” Lees Spreuke 2:21, 22, en verduidelik hoe Jehovah ’n wêreld van blywende vrede belowe het.
6 Wanneer jy herbesoeke doen nadat die spesiale Koninkryksnuus-kampanje begin het, moet jy asseblief sorg dat jy ’n eksemplaar van die Koninkryksnuus by huisbewoners laat wat nog nie een het nie. In Ons Koninkryksbediening vir Mei sal daar bespreek word wat jy tydens herbesoeke kan sê wanneer jy teruggaan na mense by wie jy die Koninkryksnuus gelaat het.
7 Aangesien die Woord van God ‘krag uitoefen’, moet ons dit in ons aanbiedings probeer gebruik (Heb. 4:12). Maak seker dat jy die huisbewoner aanmoedig om self die Bybel te lees. (Vergelyk Handelinge 17:11.) As ons ywerig ons deel doen, sal Jehovah ons pogings seën.