Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/95 bl. 1
  • Christelike gedrag by die skool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Christelike gedrag by die skool
  • Ons Koninkryksbediening—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • Bly geestelik sterk, bly rein vir Jehovah se diens
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Christenjongmense—Wees standvastig in die geloof
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Hoe sterk sal jou geloof wees?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan(Studie-uitgawe) — 2021
  • Stel jy werklik geloof in die goeie nuus?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1995
km 8/95 bl. 1

Christelike gedrag by die skool

1 As jy ’n jong Christen is wat nog skoolgaan, het jy sterk geloof nodig om jou onkreukbaarheid te handhaaf. Jy word blootgestel aan slegte geselskap en aan situasies wat jou geloof kan toets. Dit is belangrik dat jy Petrus se raad toepas om ‘voortreflike gedrag onder die nasies te handhaaf, sodat hulle as gevolg van jou voortreflike werke waarvan hulle ooggetuies is, God sal verheerlik’ (1 Pet. 2:12). Jy het moed en vasberadenheid nodig om hierdie uitdaging die hoof te bied.

2 Of jy by die skool is of nie, jy word met die verderflike invloede van voorhuwelikse seks, vuil taal, tabak en dwelmmisbruik gebombardeer. Jy kom elke dag voor versoekings te staan wat dreig om jou rekord van goeie gedrag te bederf. Soos volwassenes, moet jy ‘hard stry vir die geloof’ om sulke beproewinge te kan deurstaan.—Jud. 3; sien Die Wagtoring van 15 Julie 1991, bladsye 23-6.

3 By die skool is daar patriotiese seremonies en wêreldse vakansiedae. Weet jy watter nasionale en godsdienstige vakansiedae by jou skool gevier word? Sal jy, as ’n uitdagende situasie ontstaan, ‘’n goeie gewete kan behou, sodat hulle wat minagtend van jou goeie gedrag praat beskaamd sal word’?—1 Pet. 3:16.

4 Jy kom dalk in die versoeking om aan skoolsportbedrywighede deel te neem of gesellighede by te woon. Jy moet wakker wees om te besef hoe hierdie skynbaar aangename bedrywighede jou jou geloof kan laat prysgee. Jy moet vriende kies met wie jy “’n uitwisseling van aanmoediging” kan geniet sodat elkeen deur middel van die ander se geloof opgebou kan word.—Rom. 1:12.

5 Jy kan met Jehovah se hulp volhard: Satan toets voortdurend jou geloof. Jy moet dalk swaar beproewinge verduur, maar die belonings maak dit alles die moeite werd (1 Pet. 1:6,7). Jy kan nie op jou eie met welslae volhard nie; jy moet op Jehovah se hulp staatmaak. Jesus het sy dissipels aangespoor: “Hou aan waak en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie” (Matt. 26:41). Dissipline en selfbeheersing is lewensbelangrik.—1 Kor. 9:27.

6 Onthou altyd dat jy teenoor Jehovah aanspreeklik is vir jou gedrag (Pred. 11:9). Hoewel ander dalk nie sien wat jy doen nie, is Jehovah bewus van wat jy doen, en hy sal oordeel vel (Heb. 4:13). ’n Opregte begeerte om hom te behaag, moet jou beweeg om jou “redding met vrees en bewing te bewerk” (Fil. 2:12). Dit is baie nuttig om God se Woord daagliks te lees. Dit is vol uitstekende raad en goeie voorbeelde om na te volg.—Heb. 12:1-3.

7 Ouers, julle speel ’n baie belangrike rol. Julle moet oor julle kinders toesig hou, bewus wees van probleme waarvoor hulle te staan kom en hulp voorsien wanneer dit nodig is. Het julle ’n goeie verhouding met julle kinders? Het julle ’n waarderende begrip van God se wette en beginsels by hulle ingeskerp? Is julle kinders sterk wanneer hulle voor druk of versoekings te staan kom of gee hulle maklik in? Word hulle mismoedig omdat hulle anders as hulle portuurs moet wees? As ouers het julle die verantwoordelikheid om hulle te help (Deut. 6:6,7). As julle julle goed van julle taak kwyt, kan julle hulle help om in die stryd om die geloof te seëvier.—Spr. 22:6.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel