Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/96 bl. 1
  • Loof Jehovah “die hele dag deur”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Loof Jehovah “die hele dag deur”
  • Ons Koninkryksbediening—1996
  • Soortgelyke materiaal
  • Jehovah verdien ewige lof
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Loof Jehovah elke dag
    Ons Koninkryksbediening—2009
  • Vestig die aandag op “die lig van die wêreld”
    Ons Koninkryksbediening—2006
  • Jehovah is baie lofwaardig
    Ons Koninkryksbediening—2003
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1996
km 3/96 bl. 1

Loof Jehovah “die hele dag deur”

1 Psalm 145:2 bevat ’n belofte wat koning Dawid aan Jehovah gemaak het: “Die hele dag deur sal ek u loof, en ek sal u naam prys tot onbepaalde tyd, ja, vir ewig” (NW). Ons het ook rede om ons hemelse Vader te loof! Maar hoe kan ons Dawid se voorbeeld navolg om Jehovah se soewereiniteit “die hele dag deur” te verheerlik?

2 Vul ons hart met waardering vir Jehovah: ’n Gereelde studie van God se Woord vergroot ons dankbaarheid vir wat Jehovah vir ons gedoen het, nou doen en nog gaan doen. Namate ons waardering vir sy wonderlike dade toeneem, sal ons vind dat woorde oor sy goedheid uit ons uitstroom (Ps. 145:7). Ons sal Jehovah op elke gepaste geleentheid ywerig loof.

3 Loof Jehovah in daaglikse gesprekke: Wanneer ons met bure, skoolmaats en werksmaats praat, asook met ander met wie ons daagliks in aanraking kom, vind ons moontlik geleenthede om ons hoop aan hulle mee te deel. ’n Buurman spreek dalk kommer uit oor misdaad in die gemeenskap; ’n skoolmaat is moontlik bekommerd oor dwelmmisbruik of onsedelikheid; ’n werksmaat spreek dalk ’n mening uit oor die een of ander politieke kwessie. Ons kan die aandag vestig op die beginsels en beloftes in God se Woord wat toon wat die regte weg is om nou in te slaan en wat die uiteindelike oplossing vir hierdie probleme is. Sulke woorde wat op die “regte tyd” gespreek word, kan ’n seën wees!—Spr. 15:23, NW.

4 Praat voltyds oor Jehovah: Iemand met diepe waardering vir Jehovah wil die goeie nuus aan soveel mense moontlik meedeel (Ps. 40:9-11). In hierdie opsig moet ons ons afvra: ‘Doen ek alles wat my omstandighede toelaat?’ Baie het gevind dat hulle met ’n paar redelike aanpassings gewone pioniers kon word. Kan ons, as ons huidige omstandighede ons nie toelaat om dit te doen nie, dan hulppionierdiens doen? Aangesien die komende Gedenkmaalseisoen ’n tyd vir groter bedrywigheid is, sal Maart en April ’n goeie tyd wees om ons diens uit te brei deur aan die hulppionierdiens deel te neem.

5 Help nuwelinge om Jehovah saam met ons te loof: Die herdenking van Jesus se dood herinner ons altyd aan redes om dankbaar teenoor Jehovah te wees en om Sy naam te loof. Dit is veral ’n goeie tyd om ons Bybelstudente aan te moedig om saam met ons in die openbaar oor Jehovah se koningskap te praat. Spoor hulle aan om biddend na te dink oor wat in paragrawe 7-9 op bladsye 173-5 in die boek Kennis wat tot die ewige lewe lei gesê word. As hulle aan die vereistes voldoen, het hulle geen rede om te aarsel net omdat hulle nie ondervinding het nie. Bekwame verkondigers is beskikbaar om hulle te wys hoe die Koninkrykspredikingswerk gedoen word. As nuwelinge die vrymoedigheid bymekaar kan skraap om die goeie nuus te spreek, kan hulle vol vertroue wees dat Jehovah hulle sal help.—Hand. 4:31; 1 Tess. 2:2.

6 Ons bring vir onsself sowel as vir ander ewige seëninge mee wanneer ons daarna streef om Jehovah die hele dag deur te loof.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel