Put vreugde daaruit om ’n deeglike getuienis te gee
1 Ons Almal Geniet Dit Om Die Dinge Te Doen Wat Ons Goed Doen. Markus 7:37 Sê Dat Die Menigtes Aangaande Jesus Gesê Het: “Hy Het Alles Goed Gedoen.” Dit Is Geen Wonder Dat Jesus Behae Daarin Geskep Het Om Jehovah Se Wil Te Doen Nie! (Vergelyk Psalm 40:8, Nw.) As Ons Ag Slaan Op Die Volgende Wenke, Sal Ons Insgelyks Vreugde Vind Terwyl Ons Jesus Se Bevel Gehoorsaam “Om Vir Die Volk Te Preek En Om ’n Deeglike Getuienis Te Gee” (Hand. 10:42). In Januarie Bied Ons Die Boek Die Grootste Mens Wat Nog Geleef Het Of Die Mensdom Se Soeke Na God Aan. Hoe Kan Ons Hierdie Publikasies Gebruik Om ’n Deeglike Getuienis Te Gee?
2 Aangesien mense dikwels oor gesondheidsake besorg is, kan jy sê:
◼ “Ondanks die belangrike prestasies wat in die geneeskunde bereik is, is daar baie lyding as gevolg van siekte. Waarom dink jy is dit die geval? [Wag vir ’n antwoord.] Jesus Christus het gesê dat peste ’n teken van die laaste dae sal wees [Luk. 21:11]. Tog beskryf die Bybel ook ’n tyd wanneer daar nie meer siekte sal wees nie. [Lees Jesaja 33:24.] Kyk ’n bietjie hoe hierdie handleiding ons hoop op daardie basiese Bybellering opbou.” Vestig die aandag op gepaste kommentare in Les 46 of 57 en bied die boek teen ’n bydrae van R12,00 aan.
3 Wanneer jy informele getuieniswerk naby winkels doen, kan jy iemand groet en dan vra:
◼ “Vind jy dat dinge deesdae so duur word dat dit moeilik is om die pot aan die kook te hou? [Wag vir ’n antwoord.] Dink jy daar sal ooit ’n tyd kom wanneer daar ware ekonomiese sekuriteit sal wees?” Wag vir ’n antwoord. Blaai dan na Les 52, “Jesus voed duisende wonderdadig”, en vestig die aandag op die prent en gepaste dele. Bied die boek teen R12,00 aan. Miskien kan jy meld hoeveel jy die gesprek geniet het en dan vra: “Is dit moontlik dat ons hierdie gesprek by ’n ander geleentheid kan voortsit?” Op hierdie manier kan jy dalk die persoon se telefoonnommer of woonadres bekom.
4 Dalk kan jy hierdie aanbieding probeer wanneer jy met ’n ouer of met ’n jong persoon praat:
◼ “Die meeste jongmense soek rolmodelle om na te volg, maar dit is moeilik om goeie rolmodelle te vind. Jesus Christus het die volmaakte voorbeeld vir almal gestel. [Lees 1 Petrus 2:21.] Sy hele lewe het om die aanbidding van sy hemelse Vader gedraai. Hoe dink jy sal dit wees as meer mense hom probeer navolg?” Wag vir ’n antwoord. Verwys na paragraaf 4 op die tweedelaaste bladsy van die boek, wat sy spesiale eienskappe beskryf. Verduidelik hoe die Grootste mens-boek ons almal kan help om beter Christene te word. Bied die boek teen R12,00 aan en tref definitiewe reëlings om terug te gaan.
5 Wanneer jy na diegene teruggaan wat belangstelling toon, kan jy ’n Bybelstudie probeer begin deur hierdie benadering te gebruik:
◼ “Toe ons laas gesels het, het jy ’n baie interessante opmerking gemaak. [Meld ’n kommentaar wat die persoon gemaak het.] Ek het daaroor nagedink en ek wil graag vir jou wys wat ek oor die onderwerp gevind het. [Bespreek ’n gepaste teks.] Ons bied ’n gratis studiekursus aan wat miljoene mense al in staat gestel het om die basiese Bybelleringe in ’n kort tydjie te ondersoek. So ’n ondersoek kan jou vertroue opbou in die definitiewe vervulling van God se beloftes.” Vestig die aandag op ’n paar vrae wat beantwoord sal word. As die persoon die aanbod van ’n Bybelstudie van die hand wys, kan jy verduidelik dat ons ook ’n spesiale verkorte kursus van slegs 15 minute per week vir 16 weke aanbied. Wys vir die huisbewoner die Vereis-brosjure, blaai na Les 1 en vra of jy die eerste les kan demonstreer.
6 Onthou om strooibiljette te gebruik: Dit kan doeltreffend in jou inleiding gebruik word om belangstelling in geestelike sake aan te wakker of dit kan by die huisbewoner gelaat word as geen lektuur aanvaar word nie. Waar daar belangstelling getoon word, kan jy die gedrukte boodskap op die agterkant van die strooibiljet gebruik om die persoon aan te moedig om tot ’n tuisbybelstudie in te stem en na ons vergaderinge toe te kom.
7 As jy bekwaam is in jou werk, sal jy dit geniet. Let voortdurend daarop om ’n deeglike getuienis te gee, en put vreugde daaruit om alle fasette van die bediening deeglik uit te voer.—1 Tim. 4:16.