Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/99 bl. 1
  • Nooi hulle om te kom

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Nooi hulle om te kom
  • Ons Koninkryksbediening—1999
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat ons bywoning van vergaderinge oor ons sê
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2019
  • Waarom moet ons vir aanbidding bymekaarkom?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
  • Hoe kan die vergaderinge van Jehovah se Getuies jou help?
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • “Laat ons na die huis van Jehovah gaan!’
    Ons Koninkryksbediening—1993
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1999
km 3/99 bl. 1

Nooi hulle om te kom

1 ’n Uitnodiging wat eeue gelede opgeteken is, word nou aan mense in 233 lande regoor die wêreld gerig: “Kom laat ons optrek na die berg van die HERE, . . . dat Hy ons sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel” (Jes. 2:3). Een van die beste maniere waarop ons mense kan help om geestelike vooruitgang te maak wat tot die ewige lewe lei, is deur hulle na Jehovah se organisasie te rig.

2 Party verkondigers nooi mense dalk eers na die Koninkryksaal toe nadat hulle goeie vordering met hulle tuisbybelstudie gemaak het. Maar soms sal mense gemeentelike vergaderinge begin bywoon nog voordat daar ’n Bybelstudie met hulle begin kan word. Ons moet mense sonder versuim hartlik uitnooi en aanmoedig om na die vergaderinge toe te kom.

3 Wat om te doen: Maak goed gebruik van strooibiljette om mense oor ons plaaslike vergaderinge in te lig. Meld dat die vergaderinge gratis is en dat daar nooit enige kollektes opgeneem word nie. Verduidelik hoe die vergaderinge gehou word. Wys daarop dat dit in werklikheid Bybelstudiekursusse is en dat studiemateriaal voorsien word sodat almal die program kan volg. Vestig die aandag daarop dat diegene teenwoordig uit verskillende agtergronde en lewenskringe kom. Meld dat hulle mense is wat in die omgewing woon en dat kinders van alle ouderdomme welkom is. Ons moet diegene met wie ons studeer, uitnooi en aanbied om hulle te help om daar te kom.

4 Een van die laaste dinge wat in die Bybel opgeteken is, is ’n hartlike uitnodiging om van Jehovah se lewegewende voorsienings gebruik te maak: “En die gees en die bruid hou aan om te sê: ‘Kom!’ . . . En laat enigeen wat dors is, kom; laat enigeen wat wil die water van die lewe neem, verniet” (Op. 22:17). Daar is geen ander manier om dit te doen as om ander te nooi om ons vergaderinge by te woon nie.

5 Die honderdduisende nuwe lowers wat nou in die gemeentes van God se volk inkom, word in Jesaja 60:8 profeties voorgestel as duiwe wat “aangevlieg kom soos ’n wolk en soos duiwe na hulle vensters”. Ons almal kan nuwelinge na ons vergaderinge toe nooi en hulle welkom laat voel. Op hierdie manier sal ons met Jehovah saamwerk terwyl hy die insamelingswerk bespoedig.—Jes. 60:22, NW.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel