Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/99 bl. 8
  • “Wat moet ek doen?”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Wat moet ek doen?”
  • Ons Koninkryksbediening—1999
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe kan ek my vir die arbeidswêreld voorberei?
    Ontwaak!—1991
  • Ouers—Watter toekoms wil julle vir julle kinders hê?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Is die Bybel teen geleerdheid gekant?
    Ontwaak!—1998
  • Kry die meeste voordeel uit die skool
    Ons Koninkryksbediening—1997
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1999
km 4/99 bl. 8

“Wat moet ek doen?”

1 As ’n jong persoon wat volwassenheid nader, vra jy dalk: ‘Wat moet ek met my lewe doen?’ Jong Christene wil hulle diens aan Jehovah uitbrei. Maar hoe kan jy dit doen en terselfdertyd die verantwoordelikhede van volwassenheid aanvaar, wat insluit dat jy in jou eie materiële behoeftes voorsien? Dit is dalk nie so maklik om die antwoord te vind nie.

2 Party jongmense raak angstig wanneer hulle na die wêreld se ekonomiese situasie en die voorspellings vir die toekoms kyk. Hulle wonder: ‘Moet ek bykomende sekulêre opvoeding nastreef? Moet ek dadelik die voltydse diens betree?’ Om die regte besluit te neem, moet ’n mens die volgende vraag eerlik beantwoord: ‘Wat is vir my die belangrikste in die lewe?’ Jy moet jou beweegredes ondersoek.

3 Wat was vir jou van die grootste belang terwyl jy nog jonger was? Stel jy hoofsaaklik daarin belang om finansieel vooruitgang te maak, of wil jy werklik jou lewe gebruik om Koninkryksbelange te bevorder? ’n Universiteitsgraad verseker nie sukses in die arbeidsmark nie. As ’n alternatief het baie jongmense werkvaardighede wat in die arbeidsmark nodig is, geleer met behulp van vakleerlingkursusse, opleiding aan vakskole of tegniese skole of korttermynkursusse aan ’n kollege wat ’n minimum tyd en betrokkenheid vereis.

4 Vertrou op Jehovah se beloftes: ’n Feit van die allergrootste belang wat ons in gedagte moet hou, is die versekering wat Jehovah God gee dat hy vir diegene sal sorg wat Koninkryksbelange eerste in hulle lewe stel (Matt. 6:33). Dit is nie ’n leë belofte nie. Baie broers wat die Bedieningsopleidingskool bywoon, het universiteitsgrade verwerf voordat hulle die waarheid geleer het. Maar watter sekulêre werk het hulle gedoen? Baie min het die loopbaan gevolg waarvoor hulle opgelei is. Baie doen werk wat die lewering van dienste behels en hulle voorsien goed in hulle finansiële behoeftes terwyl hulle as pioniers dien. Deur hulle bedrywigheid in die bediening uit te brei, ontvang hulle seëninge wat enige geldelike vergoeding ver oortref.

5 Wanneer jy besluit wat jy gaan doen ná jy jou skoolloopbaan aan die einde van die jaar voltooi het, moet jy al die faktore oorweeg en jou beweegredes noukeurig ondersoek. Om ’n gebalanseerde beskouing van jou keuses te kry, kan jy kyk na inligting soos dié wat in die Ontwaak! van 8 Maart 1998, bladsye 19-21, verskyn het. Praat met jou ouers, die ouer manne, julle kringopsiener en suksesvolle pioniers in julle omgewing. Dit sal jou help om ’n wyse besluit te neem oor wat jy met jou lewe moet doen.—Pred. 12:1, 13.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel