Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/97 bl. 2
  • Kry die meeste voordeel uit die skool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kry die meeste voordeel uit die skool
  • Ons Koninkryksbediening—1997
  • Soortgelyke materiaal
  • Opvoeding met ’n doel
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Sekulêre opvoeding en jou geestelike doelwitte
    Ons Koninkryksbediening—1999
  • Moet ek skool verlaat?
    Ontwaak!—2010
  • Jongmense—Benut julle geleenthede op skool
    Ons Koninkryksbediening—1998
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1997
km 8/97 bl. 2

Kry die meeste voordeel uit die skool

1 Gedurende die loop van die jaar sal jongmense besluite aangaande hulle skoolloopbaan moet maak. Al is daar dalk sekere uitdagings en bekommernisse wat met skool gepaardgaan, is daar ook baie dinge waarby jongmense baat kan vind as hulle hulle daarop toelê om die meeste voordeel uit hulle opvoeding te kry.

2 ’n Goeie basiese opvoeding kan tot ’n mens se geestelike vooruitgang bydra. Wat iemand gedurende sy jeug doen, het ’n groot invloed op wat hy as ’n volwassene kan bereik. Selfs wat skoolopleiding betref, ‘maai ’n mens wat jy ook al saai’ (Gal. 6:7). Jongmense wat hard leer op skool kan vaardighede verkry wat hulle vir Jehovah nuttiger sal maak.

3 As ’n mens die regte vakkeuse wil maak, moet jy dit vooraf deeglik deurdink. Ouers moet hulle kinders help om vakke te kies wat vir hulle die mees praktiese opleiding sal bied sodat hulle geestelike doelwitte in die lewe kan bereik. Deur hulle vaardighede te ontwikkel, sal jongmense die voordeel hê om hulleself in die pionierdiens te kan onderhou. Hulle basiese opvoeding moet hulle help om Jehovah te loof ongeag waar hulle dien.

4 Jongmense, probeer die meeste voordeel uit julle skooljare kry. Doen dit terwyl julle eerder julle oë gerig hou op ’n vol lewe in heilige diens as op die najaging van ’n wêreldse loopbaan. Probeer julle lewe gebruik om Jehovah se wil te doen. Sodoende sal julle julle weg voorspoedig maak, tot eer van Jehovah.—Ps. 1:3.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel