Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/01 bl. 4
  • “Welvoeglik en volgens reëling” georganiseer

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Welvoeglik en volgens reëling” georganiseer
  • Ons Koninkryksbediening—2001
  • Soortgelyke materiaal
  • “Verlossing is op hande!” streekbyeenkoms- van Jehovah se Getuies vir 2006
    Ons Koninkryksbediening—2006
  • “Laat al julle aangeleenthede in liefde geskied”
    Ons Koninkryksbediening—2000
  • Stel ’n voorbeeld in goeie werke
    Ons Koninkryksbediening—2003
  • Drie dae van geestelike verkwikking
    Ons Koninkryksbediening—2011
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2001
km 10/01 bl. 4

“Welvoeglik en volgens reëling” georganiseer

1 Die sukses van ’n streekbyeenkoms is afhanklik van die samewerking van baie mense. Die byeenkomsadministrasie tref reëlings vir ’n gepaste byeenkomsterrein sowel as huisvesting. Individue en gesinsgroepe tref vervoer- en verblyfreëlings. En gemeentes werk saam sodat daar genoeg vrywilligers is vir al die departemente wat nodig is om die byeenkoms glad te laat verloop. Die doelwit is om ‘alles welvoeglik en volgens reëling te laat geskied’.—1 Kor. 14:40.

2 Terwyl jy met die byeenkomsorganisasie saamwerk, moet jy in gedagte hou dat maande—soms jare—se voorbereiding nodig is. Honderde broers bestee baie tyd daaraan om alles gereël te kry. Hulle moet onder meer geskikte plekke huur, toerusting bymekaarmaak en werkers werf. Hierdie voorbereiding het geestelike seëninge vir ons almal tot gevolg. Wat kan ons doen om te help?

3 Gee jou samewerking aan reëlings vir huisvesting: Dit is noodsaaklik dat ons almal met byeenkomsreëlings saamwerk. Dit is veral nodig wanneer ons ons verblyf reël. Honderde byeenkomsgangers vir elke streekbyeenkoms het verblyf nodig. Die meeste van ons broers het beperkte fondse en kan nie duur verblyf bekostig nie. Baie moeite is gedoen om die beste verblyf moontlik te kry. Ons moet die behoeftes van ander liefdevol in ag neem en ‘nie in persoonlike belangstelling ’n oog op net ons eie sake hou nie, maar ook in persoonlike belangstelling op dié van die ander’.—Fil. 2:4.

4 As ons die byeenkomsriglyne om kamers te verkry, getrou volg, strek dit almal wat hierby betrokke is tot voordeel. As ons hierdie riglyne verontagsaam, skep dit onnodige probleme. Hoe so? Wanneer ons hierdie riglyne volg, weet hotelle of koshuise voor die tyd hoeveel gaste hulle gaan hê. Dit help hulle met hulle beplanning. As baie van ons ons besprekings kanselleer of ander reëlings tref, veroorsaak dit ongerief vir die bestuur sowel as vir ons broers en susters wat dalk verblyf in dieselfde plek wou hê. Hoeveel beter is dit wanneer ons getrou is aan ons woord en ons ‘Ja, Ja laat beteken’!—Matt. 5:37.

5 Kyk na hierdie goeie resultate: Ná een streekbyeenkoms het die bestuurder van ’n kampeerterrein gesê: “Ek het opgelet dat Jehovah se Getuies baie eerlik is in alles wat hulle doen. Verlede week het ek 40 van hulle op my kampeerterrein gehad, en hulle het geen probleme geskep nie. Inteendeel, hulle is die enigstes wat vir ’n mens kom sê as daar ’n ekstra persoon in hulle karavaan of tent bly. Wat my betref, is hulle die beste klante wat ’n mens kan hê.” Hoe wonderlik sou dit tog wees as almal wat verblyfplekke aan ons verhuur so ’n goeie ondervinding kan hê! Wat ’n getuienis sal dit tog gee!

6 Die streekbestuurder van ’n hotelgroep het eenkeer gesê: “Ek kan nie onthou dat ons al ooit so ’n groot groep gehad het wat hulle oortuigings so getrou uitleef soos Jehovah se Getuies nie. Ons hoop dat julle weer sal kom.” Hierdie kommentaar toon dat goeie gedrag nie net vir ons verkwikkend is nie, maar ook vir baie in die wêreld wat ons sien.

7 Basiese maniere waarop ons kan saamwerk: Daar is eenvoudige dinge wat ons kan doen om met die streekbyeenkomsreëlings saam te werk wat kamerbesprekings betref. (1) Moenie meer kamers bespreek as wat jy beplan om te gebruik nie. (2) Stuur die nodige deposito om jou kamer te bespreek. (3) Moenie misbruik maak van die voorsiening as daar ’n komplimentêre ontbyt aan gaste gegee word nie. (4) Onthou dat eienaars van die verblyfplek tereg verwag dat ons hulle reëls moet gehoorsaam.

8 As knegte van Jehovah God het ons die geleentheid om sy persoonlikheid te weerspieël in alles wat ons doen. Dit sluit in dat ons reëlings tref vir streekbyeenkomste waarby God se naam betrokke is en dat ons dit bywoon. Onthou, hy “is nie ’n God van wanorde nie, maar van vrede” (1 Kor. 14:33). Laat ons dus vasbeslote wees om hierdie eienskap van Jehovah te weerspieël sodat mense dit kan waarneem—in ons gedrag en maniere terwyl ons reëlings tref vir die “Onderrigters van God se woord”-streekbyeenkoms en dit bywoon. Mag waarnemers wat opreg van hart is, tot die besef kom dat Jehovah se versamelde menigtes “welvoeglik en volgens reëling” georganiseer is.—Ps. 68:26, NW.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel