Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/03 bl. 1
  • ‘Skyn as ligte’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Skyn as ligte’
  • Ons Koninkryksbediening—2003
  • Soortgelyke materiaal
  • Jongmense wat as ligte skyn
    Ons Koninkryksbediening—2006
  • Laat jou lig voortdurend skyn
    Ons Koninkryksbediening—1995
  • “Laat julle lig . . . skyn”
    Ons Koninkryksbediening—2001
  • Voortreflike werke wat Jehovah verheerlik
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2003
km 4/03 bl. 1

‘Skyn as ligte’

1 Te midde van die geestelike en sedelike duisternis van die huidige stelsel van dinge, is daar ongeveer sesmiljoen aanbidders van die ware God, Jehovah, wat ‘as ligte skyn’ in 234 lande regoor die wêreld (Fil. 2:15). Dit maak ons opvallend anders. Hoe weerkaats ons die kosbare lig van waarheid wat van Jehovah af kom?—2 Kor. 3:18.

2 Ons dade: Mense is geneig om ons gedrag raak te sien (1 Pet. 2:12). Een vrou het opgelet dat ’n Getuie-werksmaat vriendelik en behulpsaam is en nie vuil taal gebruik of vir vuil grappe lag nie. Wanneer ander die Getuie probeer uittart het deur voor hom te vloek, het hy kalm maar ferm gebly vir wat reg is. Watter uitwerking het dit op die vrou gehad? Sy sê: “Ek was so beïndruk deur sy gedrag dat ek vrae oor die Bybel begin vra het. Ek het God se Woord begin studeer en is later gedoop.” Sy sê verder: “Dit was sy gedrag wat my oortuig het om die opvattings van Jehovah se Getuies te ondersoek.”

3 Ons gesindheid teenoor gesag, ons beskouing van wêreldse gebruike en ons heilsame spraak laat Jehovah se Getuies uitstaan as mense wat volgens die Bybel se verhewe standaarde lewe. Sulke goeie werke kan Jehovah verheerlik en ander na sy aanbidding trek.

4 Ons woorde: Diegene wat ons goeie gedrag sien, sal dalk nie weet waarom ons anders is nie tensy ons met hulle oor ons oortuigings praat. Weet dié wat saam met jou werk of skoolgaan dat jy een van Jehovah se Getuies is? Soek jy na geleenthede om ’n gewone gesprek in ’n getuienis te verander? Is jy vasbeslote om by elke gepaste geleentheid jou ‘lig voor die mense te laat skyn’?—Matt. 5:14-16.

5 Dit vereis ’n selfopofferende gees om ons opdrag as ligdraers uit te voer. ’n Heelhartige gesindheid sal ons beweeg om minder belangrike dinge prys te gee sodat ons soveel as moontlik in die lewensreddende predikings- en dissipelmaakwerk kan doen.—2 Kor. 12:15.

6 Mag ons voortgaan om in woord en daad as ligte te skyn. As ons dit doen, sal dit ander moontlik beweeg om Jehovah saam met ons te verheerlik.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel