Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/05 bl. 1
  • Jehovah se dag is naby

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jehovah se dag is naby
  • Ons Koninkryksbediening—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Die groot wêreldmoondhede van Bybelgeskiedenis ruk op na hulle einde!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Die Koninkryk regeer nou!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
  • ‘Hou aan waak’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • ’n Profetiese reus—Wat sal sy val beteken?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2005
km 5/05 bl. 1

Jehovah se dag is naby

1 Christene sien gretig uit na die koms van Jehovah se dag, waardeur hy die teenswoordige stelsel van dinge sal vernietig en ’n nuwe wêreld van regverdigheid sal inlui (2 Pet. 3:12, 13). Aangesien ons nie weet presies wanneer daardie dag sal aanbreek nie, moet ons waaksaam bly en ander help om dit ook te doen (Eseg. 33:7-9; Matt. 24:42-44). As ons oor God se profetiese Woord peins, sal dit ons versterk in ons oortuiging dat ‘die groot dag van Jehovah naby is’.—Sef. 1:14.

2 Opeenvolging van wêreldmoondhede: In Openbaring 17:9-11 praat die apostel Johannes van “sewe konings”, wat ’n opeenvolging van sewe wêreldmoondhede voorstel. Johannes verwys ook na “’n agtste koning”, wat nou die Verenigde Nasies voorstel. Kan ons verwag dat ander wêreldmoondhede op die toneel sal verskyn? Nee, die profesie sê dat hierdie agtste koning ‘in die vernietiging weggaan’, en geen verdere aardse konings word daarna gemeld nie. Help hierdie profesie jou om te sien waar ons in die tydstroom is?

3 Daniël 2:31-45 help ons om die koms van Jehovah se dag te verstaan. In daardie profesie stel die ontsaglike beeld wat Nebukadnesar in ’n droom gesien het, ’n opeenvolging van wêreldmoondhede voor. Elkeen van hierdie moondhede het reeds hulle verskyning gemaak. Waar is ons nou in die verloop van die geskiedenis? In die tydperk wat deur die voete van die beeld voorgestel word. Die profesie gee ’n duidelike beskrywing van wat volgende sal gebeur. Menseheerskappy sal heeltemal tot niet gemaak word, en dit sal vervang word deur “’n koninkryk . . . wat nooit vernietig sal word nie”. Kan jy hieruit sien dat Jehovah se dag naby is?

4 Verdere bewys: Ons is ooggetuies van verdere bewys dat Jehovah se dag naby is. Ons sien die vervulling van wat die apostel Paulus aangaande die eienskappe van mense “in die laaste dae” voorspel het (2 Tim. 3:1-5). En ons het ’n aandeel aan die wêreldwye getuienis wat gegee moet word voordat die einde kom (Matt. 24:14). Mag ons openbare bediening aanhou om die dringendheid te weerspieël van die engel se woorde: “Vrees God en gee hom heerlikheid, want die uur van die oordeel deur hom het aangebreek.”—Op. 14:6, 7.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel