Wat ons oor die tydskrifte kan sê
Wagtoring 15 Des.
“Gedurende die Kersseisoen probeer baie mense goedhartigheid en medelye betoon. Dink jy dat die wêreld ’n beter plek sal wees as mense gedurende die hele jaar medelye betoon? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan 1 Petrus 3:8.] Hierdie tydskrif verduidelik wat die waarde van medelye is en noem ’n paar praktiese maniere waarop ons dit kan betoon.”
Ontwaak! Des.
“Dink jy dat ons geliefdes wat gesterf het, weer sal lewe? [Wag vir ’n antwoord.] Die Bybel sê dat daar ’n hoop vir die dooies is. [Lees Psalm 68:20.] Hierdie tydskrif toon waarom ons nie hoef te vrees dat die dood die lewe vir ewig beëindig nie.”
Wagtoring 1 Jan.
“Baie mense bid dat God se Koninkryk moet kom. Kyk byvoorbeeld na hierdie beroemde gebed wat Jesus sy volgelinge geleer het. [Lees Matteus 6:9, 10.] Het jy al ooit gewonder wat die Koninkryk is en wanneer dit sal kom? [Wag vir ’n antwoord.] Hierdie tydskrif toon wat die Bybel oor die saak sê.”
Ontwaak! Jan.
“Vroue het deur die geskiedenis heen weens diskriminasie en geweld gely. Waarom dink jy is dit die geval? [Wag vir ’n antwoord.] Let op hoe die Bybel mans beveel om hulle vrouens te behandel. [Lees 1 Petrus 3:7.] Hierdie tydskrif toon uit die Bybel hoe God en Christus vroue beskou.”