Wat ons oor die tydskrifte kan sê
Wagtoring 15 Des.
“Gedurende hierdie tyd van die jaar dink baie mense na oor wat die engele aangekondig het toe Jesus gebore is. [Lees Lukas 2:14.] Dink jy dat daar werklik eendag vrede op aarde sal wees? [Wag vir ’n antwoord.] Hierdie tydskrif bespreek hoe Jesus binnekort ware vrede op aarde sal bring.”
Ontwaak! Des.
“Daar is teenstrydige godsdiensmenings oor die gebruik van alkohol. Hoe dink jy voel God oor die gebruik daarvan? [Wag vir ’n antwoord.] Hoewel Jesus met sy eerste wonderwerk water in wyn verander het, gee die Bybel ook hierdie waarskuwing. [Lees Spreuke 20:1.] Hierdie artikel verduidelik die Bybel se gebalanseerde beskouing van die saak.” Vestig die aandag op die artikel wat op bladsy 18 begin.
Wagtoring 1 Jan.
“Dink jy dat ’n persoon se sukses gemeet kan word aan hoe ryk hy is? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan 1 Timoteus 6:9, 10.] Hoewel die Bybel geld nie veroordeel nie, toon dit wel dat ware sukses nie van rykdom afhang nie. Hierdie tydskrif verduidelik dit.”
Ontwaak! Jan.
“Dink jy dat hierdie teks ooit bewaarheid sal word? [Lees Jesaja 33:24. Wag dan vir ’n antwoord.] Hierdie tydskrif verduidelik die vooruitgang wat die mediese wetenskap maak en hoe die Bybel se belofte vervul sal word.”