Wat ons oor die tydskrifte kan sê
Wagtoring 15 Des.
“Dié tyd van die jaar dink baie mense aan Jesus se geboorte. Het jy geweet dat ons waardevolle lesse uit die Bybel se verslag van sy geboorte kan leer? [Wag vir ’n antwoord. Vestig dan die aandag op bladsy 5, en lees 2 Timoteus 3:16.] Hierdie nommer van Die Wagtoring bespreek van hierdie lesse.”
Ontwaak! 22 Des.
“Dink jy dat ouers rede tot kommer het oor watter uitwerking die gewelddadige vermaak van vandag op hulle kinders het? [Wag vir ’n antwoord.] Baie ouers gebruik hierdie Bybelvers as ’n riglyn. [Lees Psalm 11:5.] Hierdie Ontwaak! help gesinne om die gevare te ondersoek wat met elektroniese speletjies gepaardgaan.”
Wagtoring 1 Jan.
“Wanneer mense ’n geliefde aan die dood afstaan of weens ’n siekte ly, wonder hulle dikwels: ‘Waarom laat God dit toe?’ Dalk het jy al dieselfde vraag gevra. Die Bybel toon dat God medelye het met diegene wat ly. [Lees Jesaja 63:9a.] Hierdie tydskrif verduidelik waarom ons seker kan wees dat God ’n einde aan lyding gaan maak.”
Ontwaak! 8 Jan.
“Dink jy dat die regering met vryheid van spraak moet inmeng? [Wag vir ’n antwoord.] Sê nou die spraak behels dat mense met ander oor godsdiens praat, soos ons hier lees? [Lees Handelinge 28:30, 31.] Hierdie kwessie is onlangs voor die Amerikaanse Hooggeregshof gebring. Jy kan gerus in hierdie Ontwaak! daarvan lees.”