Vraebus
◼ Wat moet jy doen as jy beveel word om op te hou preek?
In party gevalle het die polisie verkondigers genader wat aan die een of ander vorm van die bediening deelneem, vir hulle gesê dat hulle die wet oortree en dat hulle moet ophou preek. As jy gevra word om dit te doen, moet jy dadelik en beleefd die gebied verlaat (Matt. 5:41; Fil. 4:5). Moenie sake self probeer opklaar deur by ’n bespreking oor ons wetlike regte betrokke te raak nie. Indien moontlik kan jy op ’n taktvolle manier die magsnommer van die polisiebeampte en die naam van sy stasie verkry. Lig dan sonder versuim die ouer manne hiervan in, wat dan in aanraking met die takkantoor sal kom in verband met die voorval. Ook as ’n opsigter of enige verteenwoordiger van ’n woonstelgebou of kompleks jou vra om die perseel te verlaat, moet jy dadelik daarop ag slaan en die ouer manne daarvan verwittig. As ons op ’n sagmoedige en nederige manier met dié in gesagsposisies handel, sal dit grootliks help om onnodige probleme te voorkom.—Spr. 15:1; Rom. 12:18.