Voorgestelde aanbiedings
Om op die eerste Saterdag in Mei Bybelstudies te begin
“Het jy al ooit gewonder waarom God boosheid en lyding toelaat? [Wag vir ’n antwoord.] Ek wil graag vir jou iets interessants hieroor wys.” Lees die materiaal onder die eerste onderhofie op bladsy 16 van Die Wagtoring van 1 Mei en een van die teksverwysings. Bied die tydskrifte aan en reël om terug te gaan om die antwoord op die volgende vraag te bespreek.
Die Wagtoring 1 Mei
Lees Psalm 37:10, 11. Sê dan: “Dink jy dat hierdie belofte in die nabye toekoms vervul sal word? [Wag vir ’n antwoord.] Hierdie tydskrif bespreek ses verskillende Bybelprofesieë waarvan ons nou die vervulling sien, profesieë wat aandui dat hierdie belofte binnekort ’n werklikheid sal word.”
Ontwaak! Mei
“Party sê dat mense bloot hoogs ontwikkelde diere is. Wat dink jy? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Psalm 139:14.] Die psalmis se kennis oor die wonders van die menseliggaam was natuurlik beperk. Hierdie tydskrif bespreek wat ons nou weet, insluitende dit wat ons van diere onderskei.”