Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/11 bl. 2
  • Moenie terughou nie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Moenie terughou nie
  • Ons Koninkryksbediening—2011
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat sal jy vanjaar op skool doen?
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Jongmense—Benut julle geleenthede op skool
    Ons Koninkryksbediening—1998
  • ’n Suksesvolle wêreldwye skool
    Ontwaak!—1995
  • Is jou kinders gereed?
    Ons Koninkryksbediening—2011
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2011
km 10/11 bl. 2

Moenie terughou nie

1. Wat verg moed, en waarom?

1 Het jy al ooit gehuiwer om by die skool te getuig omdat jy bang was dat jy gespot sou word? Dit verg beslis moed om te getuig, veral as jy skaam is. Wat sal jou help?

2. Hoe kan jy goeie oordeel aan die dag lê wanneer jy by die skool getuig?

2 Lê goeie oordeel aan die dag: Hoewel die skool tereg as jou persoonlike gebied beskou kan word, moet jy onthou dat daar nie van jou verwag word om geestelike gesprekke met almal aan te knoop soos wanneer jy van huis tot huis getuig nie. Jy moet goeie oordeel aan die dag lê om te bepaal wanneer om te praat (Pred. 3:1, 7). Die onderwerp van ’n klasbespreking of skooltaak kan jou die geleentheid bied om oor jou geloof te praat. Of ’n klasmaat sal jou dalk vra waarom jy nie aan sekere aktiwiteite deelneem nie. Party Christene het aan die begin van die skooljaar vir hulle onderwysers gesê dat hulle Jehovah se Getuies is en die onderwysers lektuur gegee wat ons oortuigings verduidelik. Ander het lektuur op hulle lessenaar gesit om vrae by skoolmaats uit te lok.

3. Hoe kan jy voorberei om by die skool te getuig?

3 Wees voorbereid: As jy voorberei, sal jou selfvertroue toeneem (1 Pet. 3:15). Probeer dus dink watter vrae moontlik gevra sal word, en dink hoe jy dit kan beantwoord (Spr. 15:28). Indien moontlik, moet jy jou Bybel en ’n paar publikasies, soos die Redenering-boek, Jongmense vra-boeke en lektuur oor die skepping, by die skool hou sodat jy daarna kan verwys wanneer dit nodig is. Vra jou ouers om oefensessies by julle gesinsaanbidding in te sluit.

4. Waarom moet jy aanhou om by die skool te getuig?

4 Wees positief: Moenie aanneem dat jou klasmaats jou altyd sal spot as jy van die waarheid praat nie. Party sal jou waarskynlik bewonder vir jou moed en sal dalk selfs luister. Maar moenie mismoedig wees as niemand reageer nie. Jehovah sal bly wees omdat jy probeer het (Heb. 13:15, 16). Hou aan om hom vir hulp te vra om “met alle vrymoedigheid te bly spreek” (Hand. 4:29; 2 Tim. 1:7, 8). Stel jou voor hoe verheug jy sal wees as iemand wel na jou luister. Daardie persoon sal Jehovah later moontlik selfs saam met jou dien!

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel