Voorgestelde aanbiedings
Om op die eerste Saterdag in Maart Bybelstudies te begin
“Baie mense vier Jesus se geboorte, maar dink jy dat dit belangrik is om Jesus se dood te herdenk?” Wag vir ’n antwoord. Gee dan die Wagtoring van 1 Maart vir die huisbewoner en bespreek saam die materiaal onder die eerste onderhofie op bladsy 16 en ten minste een van die tekste. Reël om terug te gaan om die volgende vraag te bespreek.
Die Wagtoring 1 Maart
“Daar is baie kerke met verskillende oortuigings en gebruike. Dink jy dat almal wat beweer dat hulle Christene is, werklik Christene is? [Wag vir ’n antwoord.] Volgens Jesus is hierdie ’n kenmerk van ware Christene. [Lees Johannes 13:34, 35.] Hierdie tydskrif bespreek vyf verklarings van Jesus wat ons help om sy ware volgelinge uit te ken.”
Ontwaak! Maart
“Ons praat met ons bure oor iets kommerwekkends. Dit wil voorkom asof mense vandag al hoe meer geneig is tot woede en hulle humeur vinnig verloor. Wat dink jy is die oorsaak daarvan? [Wag vir ’n antwoord.] Kyk wat die Bybel oor woede sê. [Lees Psalm 37:8.] Hierdie tydskrif noem party redes waarom mense vandag meer geneig is tot woede en wat ons kan doen om ons woede te beheers.”