Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/12 bl. 1
  • Twaalf redes om die predikingswerk te doen

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Twaalf redes om die predikingswerk te doen
  • Ons Koninkryksbediening—2012
  • Soortgelyke materiaal
  • Bewaar jou diensvoorreg as ’n skat
    Ons Koninkryksbediening—2011
  • Ons bediening—’n Weerspieëling van ons liefde vir God
    Ons Koninkryksbediening—2009
  • Gaan sonder ophou voort met die bediening
    Ons Koninkryksbediening—1990
  • “Let voortdurend op die bediening wat jy in die Here aanvaar het”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2012
km 6/12 bl. 1

Twaalf redes om die predikingswerk te doen

Waarom verkondig ons die goeie nuus en onderrig ons ander? Is dit hoofsaaklik om opregtes van hart te help om op die pad na die lewe te kom? (Matt. 7:14). Dit is die eerste rede wat hieronder gemeld word, maar dit is nie ons vernaamste rede nie. Watter een van die volgende 12 redes om aan die bediening deel te neem, dink jy is die belangrikste?

1. Dit help om lewens te red.—Joh. 17:3.

2. Dit dien as waarskuwing vir die goddeloses.—Eseg. 3:18, 19.

3. Dit dra by tot die vervulling van Bybelprofesie.—Matt. 24:14.

4. Dit is ’n blyk van God se regverdigheid. Geen beskuldiging kan teen Jehovah ingebring word dat hy die goddeloses vernietig het sonder om hulle die geleentheid te bied om berou te toon nie.—Hand. 17:30, 31; 1 Tim. 2:3, 4.

5. Dit stel ons in staat om ons verpligting na te kom om geestelike hulp te verleen aan mense wat met die bloed van Jesus gekoop is.—Rom. 1:14, 15.

6. Dit maak dit vir ons moontlik om bloedskuld te vermy.—Hand. 20:26, 27.

7. Dit is ’n vereiste vir ons eie redding.—Eseg. 3:19; Rom. 10:9, 10.

8. Dit is ’n blyk van naasteliefde.—Matt. 22:39.

9. Dit toon dat ons gehoorsaam is aan Jehovah en sy Seun.—Matt. 28:19, 20.

10. Dit is ’n deel van ons aanbidding.—Heb. 13:15.

11. Dit is ’n blyk van ons liefde vir God.—1 Joh. 5:3.

12. Dit dra by tot die heiliging van Jehovah se naam.—Jes. 43:10-12; Matt. 6:9.

Dit is natuurlik nie die enigste redes waarom ons aan die bediening deelneem nie. Byvoorbeeld, die predikingswerk versterk ons geloof en bied ons ook die voorreg om God se medewerkers te wees (1 Kor. 3:9). Maar die belangrikste rede om aan die bediening deel te neem, is nommer 12. Ongeag hoe mense reageer, die bediening dra by tot die heiliging van God se naam en voorsien Jehovah van ’n antwoord aan die een wat hom uittart (Spr. 27:11). Ons het beslis dwingende redes om ‘sonder ophou voort te gaan om te leer en die goeie nuus bekend te maak’.—Hand. 5:42.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel