Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/12 bl. 1
  • Wat is jou “rede tot vreugde”?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat is jou “rede tot vreugde”?
  • Ons Koninkryksbediening—2012
  • Soortgelyke materiaal
  • Leer uit die illustrasie van die talente
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Die afrekening oor die gebruik van Christus se fondse
    Wêreldwye veiligheid onder die “Vredevors”
  • Wat beweeg jou om God te dien?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Die gelykenis van die talente
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2012
km 7/12 bl. 1

Wat is jou “rede tot vreugde”?

1. Watter rede tot vreugde het ons aan die einde van elke maand?

1 Wat is jou “rede tot vreugde” wanneer almal aan die einde van elke maand gevra word om hulle velddiensrapport in te gee? (Gal. 6:4). Hetsy ons spesiale pioniers is wat 130 uur in die bediening rapporteer of verkondigers is wat in eenhede van 15 minute mag rapporteer, ons heelhartige diens aan Jehovah behoort ons met blydskap te vervul.—Ps. 100:2.

2. Waarom moet ons ons in Jehovah se diens inspan?

2 Aangesien Jehovah die Soewereine Heer van die heelal is, verdien hy die allerbeste wat ons hom kan gee (Mal. 1:6). Omdat ons hom liefhet, het ons ons lewe daaraan gewy om sy wil te doen. As ons dus aan die einde van die dag of aan die einde van die maand daarvan oortuig is dat ons die “eerstelinge” van ons tyd, talente en krag aan Jehovah se diens gewy het, het ons rede tot vreugde (Spr. 3:9). Maar as ons gewete teen ons getuig, moet ons nadink oor wat ons kan doen om te verbeter.—Rom. 2:15.

3. Waarom is dit onverstandig om ons met ander te vergelyk?

3 “Nie in vergelyking met die ander persoon nie”: Dit is onverstandig om ons te vergelyk met ander of met onsself toe ons meer energie gehad het. Omstandighede verander. Vermoëns verskil. Vergelykings lei dikwels tot wedywering of gevoelens van waardeloosheid (Gal. 5:26; 6:4). Jesus het nie mense met mekaar vergelyk nie. Hy het mense eerder geprys volgens wat hulle kon doen.—Mark. 14:6-9.

4. Watter waardevolle lesse kan ons uit Jesus se gelykenis van die talente leer?

4 In Jesus se gelykenis van die talente het elke werker talente “volgens sy eie vermoë” ontvang (Matt. 25:15). Toe die heer terugkom en vra dat hulle verslag doen van hulle werk, is dié wat ywerig volgens hulle vermoëns en omstandighede gewerk het, geprys en het hulle in die vreugde van hulle heer ingegaan (Matt. 25:21, 23). Terwyl ons eweneens besig bly met die Koninkrykspredikingswerk, kan ons seker wees van goddelike goedkeuring en rede tot vreugde hê!

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel