Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/14 bl. 4
  • Voorgestelde aanbiedings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Voorgestelde aanbiedings
  • Ons Koninkryksbediening—2014
  • Soortgelyke materiaal
  • Gebruik dit by elke geleentheid
    Ons Koninkryksbediening—2010
  • Gebruik die nuwe Webwerf-traktaat
    Ons Koninkryksbediening—2014
  • Voorgestelde aanbiedings
    Ons Koninkryksbediening—2015
  • Voorgestelde aanbiedings
    Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2016
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2014
km 7/14 bl. 4

Voorgestelde aanbiedings

Waar kan ons antwoorde op die belangrikste vrae in die lewe vind?

Gee die traktaat vir die huisbewoner sodat hy die titel kan sien en sê: “Hallo. Ons neem deel aan ’n wêreldwye kampanje om hierdie belangrike boodskap te versprei. Dit is jou eksemplaar.”

As jy die traktaat by nietuise laat, moet jy dit op ’n onopsigtelike plek sit en dit nie onnodig vou nie.

As die huisbewoner belangstelling toon of wil gesels, kan jy sy opinie vra oor die veelkeusevraag op die voorkant. Maak die traktaat oop, en wys vir hom wat Psalm 119:144, 160 sê. Verduidelik dat die traktaat inligting bevat oor ’n webwerf wat hom kan help om bevredigende antwoorde in die Bybel te vind. Jy kan hom dalk ’n voorsmakie gee deur die video Waarom moet jy die Bybel studeer? te speel. Wys vir hom die drie vrae agterop die traktaat voordat jy loop en vra hom in watter een hy die meeste belangstel. Bied aan om terug te gaan sodat jy hom kan wys hoe om die Bybel se antwoord op daardie vraag met behulp van jw.org te vind. Wanneer jy teruggaan, kan jy die antwoord bespreek deur te kyk onder BYBELLERINGE > ANTWOORDE OP BYBELVRAE.

As julle ook uitnodigings na julle streekbyeenkoms versprei, moet jy vir die huisbewoner die uitnodiging tesame met die traktaat gee en sê: “Daar is ook ’n uitnodiging na ’n gratis openbare geleentheid wat binnekort sal plaasvind.”

Die Wagtoring 1 Augustus

Naweke kan jy, wanneer gepas, die volgende sê om Die Wagtoring aan te bied: “Ons wil ook graag vir jou ons nuutste tydskrifte aanbied. Hierdie nommer van Die Wagtoring beantwoord die vraag: Stel God belang in jou?”

Ontwaak! Augustus

Naweke kan jy, wanneer gepas, die volgende sê om die Ontwaak! aan te bied: “Ons wil ook graag vir jou ons nuutste tydskrifte aanbied. Hierdie nommer van die Ontwaak! beantwoord die vraag: Hoe kan mense vrede maak?”

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel