Voorgestelde aanbiedings
Die Wagtoring 1 April
“Ons gee vandag hierdie traktaat vir almal in die omgewing. [Gee vir die huisbewoner die traktaat Hoe beskou jy die Bybel? en vra hom die vrae op die voorkant. Wys vir hom die Bybel se antwoord in 2 Timoteus 3:16 en spoor hom aan om die traktaat te lees wanneer hy tyd het.] Baie mense weet nie dat die Bybel bevredigende antwoorde op vrae soos die volgende voorsien nie. [Wys vir hom die vrae aan die begin van die eerste artikel in Die Wagtoring.] Hierdie tydskrif verduidelik hoe jy die antwoorde in jou eie Bybel kan vind.”
Ontwaak! April
“Ons besoek mense vandag kortliks omdat baie bekommerd is oor die veranderinge wat hulle in gesinne sien. In die verlede was ouers in beheer, maar nou lyk dit asof die kinders in party gesinne in beheer is. Dink jy dat ouers vandag hulle kinders dissiplineer soos hulle moet? [Wag vir ’n antwoord.] Volgens die Bybel is dissipline belangrik. [Lees Spreuke 29:17.] Hierdie tydskrif bespreek die Bybel se gebalanseerde instruksies oor die dissiplinering van kinders.”