Voorgestelde aanbiedings
Die Wagtoring 1 Februarie
“Ons gee vandag vir almal in die gebied hierdie traktaat. Dit verduidelik die praktiese waarde van die Bybel. Hier is joune. [Gee die huisbewoner die traktaat Hoe beskou jy die Bybel?] Party mense het al gewonder of die Bybel praktiese raad bevat wat hulle in hulle werk kan help. Let op wat hierdie vers oor werk sê. [Lees Prediker 3:13.] Hierdie tydskrif bespreek ’n paar Bybelbeginsels wat ons kan help om ons werk te geniet. Sal jy dit graag wil lees?”
Ontwaak! Februarie
“Ons besoek ons bure kortliks om hulle die jongste nommer van die Ontwaak! te wys. Dit bespreek die antwoord op ’n interessante vraag. [Wys die persoon die voorblad.] Ek sal graag jou mening wil hê oor ’n voorbeeld wat in die tydskrif gemeld word. [Lees Spreuke 29:11.] Dink jy dat hierdie Bybelbeginsel vandag van toepassing is? [Wag vir ’n antwoord.] Hierdie tydskrif bespreek vier Bybelbeginsels en verduidelik hoe ons daarby kan baat vind as ons dit toepas.”