Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/15 bl. 5-7
  • Herinneringe vir die streekbyeenkoms

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Herinneringe vir die streekbyeenkoms
  • Ons Koninkryksbediening—2015
  • Soortgelyke materiaal
  • “Handhaaf goeie gedrag onder die nasies”
    Ons Koninkryksbediening—2014
  • Gedrag wat God verheerlik
    Ons Koninkryksbediening—2013
  • Drie dae van geestelike verkwikking
    Ons Koninkryksbediening—2011
  • Ons Streekbyeenkomste—Kragtige getuienis vir die waarheid
    Ons Koninkryksbediening—2012
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2015
km 4/15 bl. 5-7

Herinneringe vir die streekbyeenkoms

  • Programtye: Die hekke by die byeenkomsterrein sal omstreeks 7:00 vm. oopmaak. Die inleidende musiek sal al drie dae om 9:00 vm. begin. Dan moet ons almal na ons sitplekke gaan sodat die program op ’n waardige wyse kan begin. Die slotlied en -gebed sal Vrydag en Saterdag om 4:35 nm. en Sondag om ongeveer 3:25 nm. aangekondig word.

  • ‘Prys Jehovah met liedere’: God se eertydse volk het Jehovah met liedere geprys, en musiek is tot vandag toe ’n belangrike deel van ware aanbidding (Ps. 28:7). Elke sessie van ons streekbyeenkoms begin met ’n musiektussenspel. Dit dien nie net as agtergrondmusiek nie; dit is voorberei sodat ons omtrent Jehovah kan leer en hom kan aanbid. Wanneer die voorsitter aankondig dat die musiektussenspel gaan begin, moet ons dus gaan sit en met waardering na die musiek luister. As ons dit doen, toon ons dat ons die harde werk van die Wagtoring-orkes waardeer. Hierdie broers en susters reis twee keer per jaar op eie onkoste na Patterson, New York, om pragtige musiek te maak wat ons kan geniet. Nadat ons aandagtig na die musiektussenspel geluister het, moet ons Jehovah saam loof deur ons Koninkryksliedere te sing.

  • Parkering: By al die byeenkomsterreine waar ons beheer oor die parkeerterreine het, sal die parkering gratis wees op ’n eerste-kom-eerste-kry-grondslag. Aangesien parkering gewoonlik beperk is, moet byeenkomsgangers sover moontlik met vol motors ry. Slegs diegene met die nodige plakker sal toegelaat word om in die gedeelte vir gestremdes te parkeer.

  • Die hou van sitplekke: Moet julle asseblief nie na die sitplekke haas wanneer die deure van die fasiliteit elke oggend oopmaak, asof julle teen ander meeding nie. Wees asseblief bedagsaam teenoor ander, al moet julle julle voorkeure ter wille van julle broers prysgee. ’n Selfopofferende gees identifiseer ons as ware Christene en beweeg dié wat dit sien om God te verheerlik (Joh. 13:34, 35; 1 Kor. 13:5; 1 Pet. 2:12). Sitplekke mag net gehou word vir dié wat saam met jou in dieselfde voertuig ry, saam met jou in dieselfde huis woon of dié met wie jy tans ’n Bybelstudie hou. Moenie enigiets plaas op sitplekke wat jy nie gaan gebruik nie. Dit sal ander help om te sien dat daardie sitplekke beskikbaar is. Spesiale sitplekke sal vir die bejaardes en verswaktes voorsien word. Aangesien hierdie sitplekke beperk is, kan net een of twee persone wat die bejaarde of verswakte persoon help, by hom of haar sit.

  • Beskeie kleredrag: Tydens die byeenkoms moet ons kleredrag gepas en beskeie wees en nie die uitspattige style weerspieël wat in die wêreld algemeen is nie (1 Tim. 2:9). Selfs wanneer ons by ons hotel aankom of daarvandaan vertrek en wanneer ons voor of ná die sessies ontspan, moet ons voorkoms nie te informeel of slordig wees nie. Dan sal ons trots wees om ons byeenkomslapelkaart te dra en nie skaam wees om te getuig wanneer ons die geleentheid kry nie. Ons voorkoms en goeie gedrag tydens die komende streekbyeenkomste sal nie net opregtes van hart tot die Bybel se lewensreddende boodskap aantrek nie, maar sal ook aan Jehovah vreugde verskaf.—Sef. 3:17.

  • Goeie maniere wanneer ons elektroniese toestelle gebruik: Ons toon goeie maniere gedurende die program as ons ons selfone of ander elektroniese toestelle stel sodat dit ander nie steur nie. As ons ’n kamera, video-opnemer, elektroniese tablet of ’n soortgelyke toestel gebruik, moet ons bedagsaam wees deur seker te maak dat ons ander nie steur of hulle uitsig belemmer nie. Ons toon ook goeie maniere deur nie teksboodskappe of e-posse onnodig gedurende die program te stuur nie.

  • Middagete: Bring asseblief middagete saam eerder as om tydens die middagpouse die byeenkomsterrein te verlaat om iets te ete te kry. ’n Klein koelhouer wat onder ’n sitplek pas, kan gebruik word. Groot piekniekkoelhouers en glashouers word nie op die byeenkomsterrein toegelaat nie.

  • Bydraes: Ons kan ons waardering vir die byeenkomsreëlings toon deur vrywillige bydraes by die byeenkoms te maak vir die wêreldwye werk. Alle tjeks moet aan die “Christian Congregation of Jehovah’s Witnesses of South Africa” uitgemaak word. Bydraes kan ook met ’n debiet- of kredietkaart gemaak word.

  • Medisyne: As jy voorskrifmedisyne gebruik, moet jy asseblief seker maak dat jy genoeg saambring, aangesien dit nie by die byeenkoms beskikbaar sal wees nie. Spuitnaalde wat deur diabete gebruik word, word as gevaarlike afval beskou; daar moet dus op gepaste wyse daarvan ontslae geraak word. Dit moenie in die asblikke op die byeenkomsterrein of by hotelle gegooi word nie.

  • Veiligheidsmaatreëls: Pas op dat jy nie gly of struikel en jou sodoende beseer nie. Elke jaar is daar beserings as gevolg van die soort skoene wat byeenkomsgangers dra, veral hoëhakskoene. Dit is raadsaam om skoene te kies wat beskeie is en goed pas sodat jy veilig op skuinstes, trappe, traliewerk, ensovoorts kan loop.

  • Kinderwaentjies en opvoustoele: Kinderwaentjies en opvoustoele moenie in die ouditorium ingebring word nie. Babastoeltjies wat op stoele langs die ouers vasgemaak kan word, is egter toelaatbaar.

  • Parfuum: Party streekbyeenkomste word gehou in geboue met meganiese lugversorging. Dit sal dus liefdevol van ons wees om die gebruik te beperk van skerp naskeermiddels en parfuum wat persone met asemhalings- of verwante probleme kan aantas.—1 Kor. 10:24.

  • Restaurante: Verheerlik Jehovah se naam deur jou goeie gedrag by restaurante. Dra klere wat gepas is vir ’n Christenbedienaar. Gee ’n gepaste fooitjie as dit die gebruik is.

  • Verblyf: As jy beplan om by ’n hotel, gastehuis of ’n soortgelyke verblyfplek tuis te gaan, moet jy asseblief die volgende in gedagte hou:

    1. Moenie meer kamers bespreek as wat jy sal gebruik nie, en moenie meer as die toegelate aantal gaste in jou kamer laat bly nie.

    2. Moenie jou bespreking kanselleer tensy ’n noodsituasie opduik nie.Indien dit wel gebeur, moet jy die betrokke verblyfplek of die Huisvestingafdeling onmiddellik in kennis stel sodat die kamer aan iemand anders beskikbaar gestel kan word (Matt. 5:37).

    3. As jy ’n debiet- of kredietkaart gebruik wanneer jy by die verblyfplek aanmeld, moet jy in gedagte hou dat party verblyfplekke van die geld in jou rekening reserveer om te verseker dat jy aan die einde van jou verblyf die rekening sowel as enige skade of ander uitgawes ten volle sal kan vereffen. Jy sal hierdie geld eers ’n paar dae ná jou vertrek, wanneer jou rekening vereffen is, kan gebruik.

    4. As dit in jou land gebruiklik is, moet jy hotelpersoneel ’n fooitjie gee wanneer hulle jou bagasie dra en ’n fooitjie vir die skoonmaker laat.

    5. Kook slegs in kamers waar dit toegelaat word en in aangewese kookplekke.

    6. Moenie misbruik maak van die komplimentêre ontbyt, koffie of ys wat vir gaste by die verblyfplek voorsien word nie.

    7. Openbaar te alle tye die vrug van die gees in jou handelinge met die personeel by die verblyfplek. Hulle sien om na ’n groot aantal gaste en waardeer ons vriendelikheid, geduld en redelikheid.

    8. Ouers moet te alle tye by die verblyfplek toesig hou oor hulle kinders, soos by die hysbak, swembad, voorportaal, oefenkamer, ensovoorts.

    9. Stel die Huisvestingafdeling by die byeenkoms in kennis as jy ’n probleem in verband met jou verblyf ondervind, sodat hulle jou kan help.

  • Vrywilligerdiens: Enigiemand wat as ’n vrywilliger wil dien, moet na die Vrywilligerafdeling by die byeenkoms gaan. Kinders onder 16 kan ook ’n goeie bydrae lewer deur te werk onder die toesig van ’n ouer, ’n voog of ’n ander volwassene wat deur die ouer of die voog goedgekeur is.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel