Voorgestelde aanbiedings
Die Wagtoring 1 Mei
“As jy die mag gehad het, watter probleem in die wêreld sal jy wil oplos? [Wag vir ’n antwoord.] Die Bybel sê dat God hierdie probleem sowel as baie ander probleme binnekort sal oplos. [Lees ’n gepaste teks, soos Daniël 2:44; Spreuke 2:21, 22; Matteus 7:21-23 of 2 Petrus 3:7.] Hierdie Wagtoring bespreek wanneer en hoe God hierdie wonderlike veranderinge op die aarde sal teweegbring.”
Ontwaak! Mei
“Dink jy dat ons ooit in ’n wêreld sal lewe waar daar genoeg geskikte behuising en geen armoede sal wees nie? [Wag vir ’n antwoord.] Kyk watter belofte God in dié verband gemaak het. [Lees Jesaja 65:21, 22.] Hierdie Ontwaak! bespreek hoe God sy beloftes aan die mensdom sal vervul en wat ons moet doen om daarby baat te vind.”