Broers en susters werk by ’n Koninkryksaal in Switserland
Voorgestelde aanbiedings
DIE WAGTORING
Inleiding: Die vier perderuiters van die Apokalips is een van die bekendste tonele in Openbaring. Party mense raak bang as hulle daaraan dink. Ander stel weer baie daarin belang.
Teks: Op 1:3
Aanbod: Hierdie nommer van Die Wagtoring bespreek waarom die vier perderuiters goeie nuus vir ons kan beteken.
LEER DIE WAARHEID AAN ANDER
Vraag: Dink jy dit is moontlik om te weet wat in die toekoms gaan gebeur?
Teks: Jes 46:10
Waarheid: In sy Woord, die Bybel, vertel God ons wat in die toekoms gaan gebeur.
JULLE GESIN KAN GELUKKIG WEES
Inleiding: Ons wys hierdie kort video oor die gesin. [Wys die inleidingsvideo vir Julle gesin kan gelukkig wees.]
Aanbod: As jy die brosjure wat in die video genoem word graag wil lees, kan ek vir jou ’n gratis kopie gee of ek kan jou wys hoe om dit van die webwerf af te laai.
BEREI JOU EIE AANBIEDING VOOR
Gebruik die voorbeelde om jou eie aanbieding voor te berei.