’n Broer bied die Dooies weer lewe-pamflet in Tuvalu aan
Voorgestelde aanbiedings
ONTWAAK!
Vraag: Hoekom is dit belangrik om vir rampe voor te berei?
Teks: Spr 27:12
Aanbod: Hierdie tydskrif beklemtoon wat ons moet doen voor, gedurende en ná ’n ramp.
LEER DIE WAARHEID AAN ANDER
Vraag: Hoe wys ons dat ons God liefhet?
Teks: 1Jo 5:3
Waarheid: Ons wys dat ons God liefhet deur aan sy gebooie gehoorsaam te wees.
KAN DIE DOOIES WERKLIK WEER LEWE? (T-35)
Vraag: Elke jaar hou talle opregte mense wêreldwyd feeste om die dooies te vereer. Is daar hoop dat ons ons geliefdes wat gesterf het weer sal sien?
Teks: Han 24:15
Aanbod: Hierdie pamflet bespreek wat die opstandingshoop vir jou kan beteken. [Indien moontlik, speel die video Is daar hoop vir die dooies?]
BEREI JOU EIE AANBIEDING VOOR
Gebruik die voorbeelde om jou eie aanbieding voor te berei.