Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwb20 Oktober bl. 5
  • Jongmense – Is Jehovah julle beste Vriend?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jongmense – Is Jehovah julle beste Vriend?
  • Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2020
  • Soortgelyke materiaal
  • Jy kan Jehovah se vriend wees
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • God nooi jou om sy vriend te word
    Jy kán God se vriend wees!
  • Moet ek stilbly oor my vriend se oortreding?
    Ontwaak!—2008
  • Waarom het my beste vriend weggetrek?
    Ontwaak!—1996
Sien nog
Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2020
mwb20 Oktober bl. 5
’n Jong broer sit by sy lessenaar en doen diep persoonlike studie.

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Jongmense – Is Jehovah julle beste Vriend?

Na watter eienskappe soek jy in ’n vriend? Lojaliteit, goedhartigheid en vrygewigheid is waarskynlik vir jou baie belangrik. Jehovah het al hierdie eienskappe (Eks 34:6; Han 14:17). Hy luister wanneer jy in gebed met hom praat. Hy help jou wanneer jy dit ook al nodig het (Ps 18:19, 35). Hy vergewe jou wanneer jy foute maak (1Jo 1:9). Jehovah is beslis ’n wonderlike Vriend!

Hoe kan jý vir Jehovah ’n vriend wees? Leer ken hom deur sy Woord te lees. Neem hom in jou vertroue (Ps 62:8; 142:2). Wys dat jy die dinge waardeer wat vir Jehovah belangrik is, soos sy Seun, sy Koninkryk en sy beloftes vir die toekoms. Vertel vir ander van hom (De 32:3). As jy ’n baie sterk vriendskap met Jehovah opbou, sal hy vir ewig jou Vriend wees. – Ps 73:25, 26, 28.

KYK NA DIE VIDEO JONGMENSE – “KOM ONDERVIND EN SIEN SELF DAT JEHOVAH GOED IS”, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • ’n Toneel uit die video ‘Jongmense – Kom ondervind en sien self dat Jehovah goed is.’ ’n Jong suster bid voordat sy met haar persoonlike studie begin.

    Hoe kan jy voorberei vir toewyding en doop?

  • ’n Toneel uit die video ‘Jongmense – Kom ondervind en sien self dat Jehovah goed is.’ ’n Pionierbroer lees vir ’n man ’n Bybelteks in die Kareniese taal (S’gaw).

    Hoe kan ander in die gemeente jou help om Jehovah te dien?

  • ’n Toneel uit die video ‘Jongmense – Kom ondervind en sien self dat Jehovah goed is.’ ’n Jonger broer wat die hulp van ouer broers waardeer, doen saam met ’n bejaarde broer velddiens.

    Hoe versterk die bediening jou verhouding met Jehovah?

  • ’n Toneel uit die video ‘Jongmense – Kom ondervind en sien self dat Jehovah goed is.’ ’n Suster studeer met ’n dowe meisie nadat sy twee ure van haar huis af gestap het om daar te kom.

    Vriendskap met Jehovah kan vir ewig duur!

    Aan watter vorme van Jehovah se diens kan jy deelneem?

  • Watter dinge omtrent Jehovah waardeer jy?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel