DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Is jy gereed vir ’n ekonomiese krisis?
Ons is nie verbaas wanneer wêreldgebeure onstabiele ekonomiese toestande wêreldwyd veroorsaak nie. Hoekom nie? Omdat ons diep in die laaste dae lewe en die Bybel waarsku ons ‘om nie op rykdom te vertrou wat kan verdwyn nie’ (1Ti 6:17; 2Ti 3:1). Wat kan koning Josafat se voorbeeld ons leer oor hoe om voorbereid te wees vir ’n ekonomiese krisis?
Josafat het op Jehovah vertrou toe sy vyande hom wou aanval (2Kr 20:9-12). Hy het ook praktiese stappe geneem om die nasie voor te berei deur die stede te versterk en deur militêre kampe op te rig (2Kr 17:1, 2, 12, 13). Soos Josafat moet ons op Jehovah vertrou en praktiese stappe neem om vir moeilike tye voor te berei.
KYK NA DIE VIDEO IS JY VOORBEREID VIR ’N RAMP?, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:
Wat kan ons persoonlik doen om vir ’n ramp voor te berei?
Hoe kan ons voorbereid wees om ander te help?