Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • yb17 bl. 172-176
  • Honderd jaar gelede​—⁠1917

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Honderd jaar gelede​—⁠1917
  • 2017 Jaarboek van Jehovah se Getuies
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Toetsing en sifting
  • Vooruitgang ondanks teëspoed
  • Nog toetsing en sifting
  • ’n Tyd van toetsing (1914-1918)
    Jehovah se Getuies—Verkondigers van God se Koninkryk
  • Adverteer die Koning en die Koninkryk! (1919-1941)
    Jehovah se Getuies—Verkondigers van God se Koninkryk
  • Die ontwikkeling van die organisasie se struktuur
    Jehovah se Getuies—Verkondigers van God se Koninkryk
  • Interne toetsing en sifting
    Jehovah se Getuies—Verkondigers van God se Koninkryk
Sien nog
2017 Jaarboek van Jehovah se Getuies
yb17 bl. 172-176
Byeenkoms van Bybelstudente, Tacoma, Washington, VSA

Byeenkoms van Bybelstudente, Tacoma, Washington, VSA

Honderd Jaar Gelede 1917

“DIE nuwe jaar breek aan te midde van groot konflik, onrus en bloedvergieting”, het The Watch Tower van 1 Januarie 1917 gesê. Ja, die Eerste Wêreldoorlog, die aardwye slagting wat destyds as die Groot Oorlog bekend gestaan het, het in Europa voortgewoed.

Hoewel die Bybelstudente nie heeltemal verstaan het wat by ware Christelike neutraliteit betrokke is nie, het baie van hulle hard probeer om bloedskuld te vermy. Byvoorbeeld, in Engeland was die 19-jarige Stanley Willis vasbeslote om neutraal te bly. Voordat hy in die hof moes verskyn vir die standpunt wat hy ingeneem het, het hy geskryf: “Dit is vir my ’n groot voorreg om hierdie getuienis te kan lewer. Die Kolonel het vanoggend vir my gesê dat ek beveel sal word om die Koning se uniform te dra, en as ek weier, sal ek voor die krygshof moet verskyn.”

Toe Stanley geweier het om sy geloof prys te gee, is hy in die tronk tot dwangarbeid gevonnis. Maar hy het positief gebly. Twee maande later het hy geskryf: “Deur die ‘gees van krag’, wat die Waarheid ’n mens gee, kan jy geduldig volhard . . . in dinge wat vir ander baie moeiliker is om te verduur.” Hy het sy tyd in die tronk verstandig gebruik en gesê: “Een van die grootste seëninge van hierdie onlangse beproewinge is die voorreg om redelik baie stil tyd te hê vir gebed, bepeinsing en studie.”

Die Verenigde State het kort voor lank amptelik aan die oorlog begin deelneem. Tydens ’n toespraak wat president Woodrow Wilson op 2 April 1917 aan die Amerikaanse Kongres gelewer het, het hy gevra dat daar amptelik oorlog teen Duitsland verklaar moet word. Vier dae later het die Verenigde State aan die oorlog begin deelneem. Christene in die Verenigde State het gou voor die kwessie van neutraliteit te staan gekom.

Om so gou as moontlik soldate te kry, het die Verenigde State in Mei die Selektiewe Dienspligwet ingestel. ’n Maand later is die Wet op Spioenasie ingestel. Eersgenoemde het dit vir die Amerikaanse regering moontlik gemaak om duisende mans op te roep om te gaan veg, terwyl laasgenoemde dit onwettig gemaak het om die opdrag te weier. Vyande van die waarheid het kort voor lank hierdie wetgewing gebruik om ‘moeilikheid deur verordening te beraam’ vir Jehovah se vredeliewende aanbidders.—Ps. 94:20.

Die Bybelstudente was nie verbaas oor die onrus wat deur die oorlog veroorsaak is nie. Hulle het dekades lank al die Bybelprofesieë bekend gemaak wat hierdie toestande voorspel het. Baie was egter verbaas oor die geskille wat onder sommige van Jehovah se volk ontstaan het.

Toetsing en sifting

In die Verenigde State het probleme ontstaan kort nadat Charles Taze Russell oorlede is. Daar was onsekerheid oor hoe die sake van Jehovah se knegte behartig moes word. Broer Russell het Zion’s Watch Tower Tract Society in 1884 geregistreer en hy het tot sy dood in Oktober 1916 as die president van hierdie wetlike korporasie gedien. Toe Joseph F. Rutherford die leiding begin neem het, het ’n paar prominente mans in die organisasie, onder andere vier wat op die direksie was, eer vir hulleself begin soek.

Hierdie vier, en ’n paar ander, het nie van die manier gehou waarop broer Rutherford sake hanteer het nie. Een van die geskille het gehandel oor die werk van Paul S. L. Johnson, wat as ’n pelgrim, of reisende opsiener, gedien het.

Kort voor broer Russell se dood het hy gereël om Johnson na Engeland te stuur as een van die organisasie se reisende verteenwoordigers. Johnson moes daar die goeie nuus verkondig, gemeentes besoek en ’n verslag lewer oor die werk in daardie gebied. Toe hy in November 1916 in Engeland aangekom het, het die broers hom hartlik verwelkom. Ongelukkig het al die aandag veroorsaak dat hy nie meer goeie oordeel aan die dag gelê het nie, en hy het oortuig geraak dat hy broer Russell se opvolger moes wees.

Johnson het sonder toestemming ’n paar lede van die Bethelgesin in Engeland wat hom teëgestaan het, weggestuur. Hy het ook probeer om beheer oor te neem oor die organisasie se bankrekening in Londen, waarna broer Rutherford hom gevra het om na die Verenigde State toe terug te keer.

Johnson het na Brooklyn teruggekeer, maar in plaas daarvan om die teregwysing wat hy ontvang het nederig te aanvaar, het hy broer Rutherford herhaaldelik probeer oorreed om hom weer na Engeland te stuur sodat hy met sy werk daar kon aangaan. Toe hy dit nie kon regkry nie, het Johnson probeer om die direksie te beïnvloed, en vier van hulle het sy kant gekies.

Omdat broer Rutherford verwag het dat hierdie manne beheer sou wou neem van die organisasie se geld in die Verenigde State, soos Johnson in Engeland probeer doen het, het broer Rutherford hulle van die direksie verwyder. Die wet het vereis dat elke lid van die direksie jaarliks deur lede van die korporasie gekies word. Op 6 Januarie 1917, tydens die korporasie se jaarvergadering, is net drie direksielede gekies, naamlik Joseph F. Rutherford, Andrew N. Pierson en William E. van Amburgh. Hulle is onderskeidelik aangestel as president, visepresident en sekretaris-tesourier. Daar is geen verkiesing gehou vir die oorblywende vier posisies op die direksie nie. Die vier teenstanders is in die verlede vir daardie posisies gekies, en party het gedink dat hulle lewenslank op die direksie sou dien. Maar omdat hulle nie tydens die jaarvergadering weer gekies is nie, was hulle glad nie wettige lede van die direksie nie! In Julie 1917 het broer Rutherford sy reg uitgeoefen om vier getroue mans in hierdie oop posisies aan te stel.

Soos verwag kan word, was die vier direkteure wat verwyder is woedend en het hulle met ’n veldtog begin om hulle posisies terug te kry. Maar hulle het misluk. Hoewel sommige Bybelstudente hulle kant gekies het en ander organisasies gestig het, het die meeste Bybelstudente getrou gebly, en die vier mans het nie hulle posisies op die direksie teruggekry nie.

Vooruitgang ondanks teëspoed

Gedurende daardie tyd het broer Rutherford en die ander lojale broers by Bethel aangehou om Koninkryksbelange te bevorder. Die getal reisende opsieners, wat destyds as pelgrims bekend gestaan het, het toegeneem van 69 tot 93. Die getal kolporteurs, of gewone pioniers, het van 372 tot 461 vermeerder. En vir die eerste keer is spesiale kolporteurs, soortgelyk aan hedendaagse hulppioniers, aangestel. Party gemeentes het tot 100 van daardie ywerige werkers gehad.

The Finished Mystery

’n Nuwe boek, The Finished Mystery, is op 17 Julie 1917 vrygestel. Teen die einde van daardie jaar was daar geen boeke oor nie, en nog 850 000 boeke is by die firma bestel wat ons lektuur gedruk het.a

Die herorganisering van die werk by Bethel wat in 1916 deur broer Russell begin is, is in 1917 voltooi. The Watch Tower het in Desember daardie jaar gesê: “Die herorganisering van die kantoorpersoneel . . . is afgehandel en verloop nou so glad en doeltreffend soos ’n mens van ’n goed georganiseerde instelling sou verwag . . . Die broers en susters besef dat dit ’n voorreg is om in die kantoor te wees, nie ’n reg nie.”

The Watch Tower het in September 1917 gesê: “Sedert 1 Januarie was daar elke maand ’n vermeerdering [in die verspreiding van lektuur] in vergelyking met die ooreenstemmende maand in 1916 . . . Dit is vir ons ’n baie duidelike bewys dat die Here die werk hier by Brooklyn seën.”

Nog toetsing en sifting

Die teenstanders is uit die organisasie verwyder en die resultaat van ’n referendum van die gemeentes, wat in The Watch Tower gepubliseer is, het getoon dat die meeste van die broers en susters broer Rutherford en die getroue broers by Bethel ondersteun het. Maar daar sou verdere toetse wees. Hoewel 1918 positief begin het, sou dit die donkerste uur van ons hedendaagse geskiedenis aankondig.

a Tot 1920 is al ons publikasies deur handelsfirmas gedruk.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel