Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mrt artikel 109
  • Jesus sal ’n einde aan misdaad maak

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jesus sal ’n einde aan misdaad maak
  • Nog onderwerpe
  • Soortgelyke materiaal
  • Jesus sal ’n einde aan armoede maak
    Nog onderwerpe
  • Jesus sal ’n einde aan oorlog maak
    Nog onderwerpe
  • Wie kan jy vertrou? – Wat sê die Bybel?
    Nog onderwerpe
  • Die einde van misdaad is nou naby!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
Sien nog
Nog onderwerpe
mrt artikel 109
’n Misdadiger agtervolg ’n vrou wat alleen is. Sy sien die misdadiger agter haar en gebruik haar selfoon om vir hulp te vra.

alfa27/stock.adobe.com

Jesus sal ’n einde aan misdaad maak

Jesus verstaan hoe dit voel om swaar te kry as gevolg van misdaad en ongeregtigheid. Hy was valslik beskuldig, onwettig geslaan, onregverdig verhoor, verkeerdelik skuldig bevind en op ’n pynlike manier doodgemaak. Al was hy onskuldig, het hy gewilliglik en op ’n onselfsugtige manier “sy lewe . . . as ’n losprys in ruil vir baie” opgeoffer (Matteus 20:28; Johannes 15:13). Nou, as Koning van God se Koninkryk, sal hy binnekort geregtigheid regoor die aarde bring en vir ewig ’n einde aan misdaad maak. – Jesaja 42:3.

Die Bybel beskryf hoe die wêreld sal wees nadat Jesus sal optree:

  • “Die goddeloses sal nie meer bestaan nie. Jy sal kyk na die plek waar hulle was, en hulle sal nie daar wees nie. Maar die nederiges sal die aarde besit, en hulle sal groot vreugde vind in die oorvloed van vrede.” – Psalm 37:10, 11.

Hoe kan ons ons waardering toon vir alles wat Jesus alreeds vir ons gedoen het en nog vir ons sal doen? Een manier is om meer te leer oor “die goeie nuus van die Koninkryk van God”, wat die boodskap was wat hy verkondig het (Lukas 4:43). Lees die artikel “Wat is die Koninkryk van God?”

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel