Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwfq artikel 19
  • Waarom vier Jehovah se Getuies nie Paasfees nie?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Waarom vier Jehovah se Getuies nie Paasfees nie?
  • Algemene vrae oor Jehovah se Getuies
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Algemene wanopvattings
  • Waarom vier Jehovah se Getuies nie Paasfees nie?
  • Wat beteken Paasfees vir jou?
    Ontwaak!—1992
  • Wat beteken Paasfees vir God?
    Ontwaak!—1992
  • Paasfees of die Gedenkmaal—Watter een moet jy vier?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • Wat sê die Bybel oor Paasfees?
    Antwoorde op Bybelvrae
Sien nog
Algemene vrae oor Jehovah se Getuies
ijwfq artikel 19

Waarom vier Jehovah se Getuies nie Paasfees nie?

Algemene wanopvattings

Mite: Jehovah se Getuies vier nie Paasfees nie, want hulle is nie Christene nie.

Feit: Ons glo dat Jesus Christus ons Redder is, en ons doen ons bes om ‘sy voetstappe noukeurig te volg’.—1 Petrus 2:21; Lukas 2:11.

Mite: Julle glo nie dat Jesus uit die dode opgewek is nie.

Feit: Ons glo in Jesus se opstanding; ons beskou dit as die grondslag van die Christelike geloof en vestig die aandag daarop in ons predikingswerk.—1 Korintiërs 15:3, 4, 12-15.

Mite: Julle gee nie om dat julle kinders nie deel in die vreugde van Paasfees nie.

Feit: Ons is lief vir ons kinders—ons doen ons bes om hulle op te lei en hulle te help om gelukkig te wees.—Titus 2:4.

Waarom vier Jehovah se Getuies nie Paasfees nie?

  • Die viering van Paasfees is nie op die Bybel gebaseer nie.

  • Jesus het beveel dat ons sy dood moet herdenk, nie sy opstanding nie. Ons hou hierdie Gedenkmaal elke jaar op die herdenking van sy dood volgens die Bybelse maankalender.—Lukas 22:19, 20.

  • Ons glo dat die oorsprong van Paasgebruike, wat afkomstig is van eertydse vrugbaarheidsritusse, Paasfees vir God onaanneemlik maak. God vereis “uitsluitlike toegewydheid” van ons, en aanbidding wat gebruike insluit wat hy nie goedkeur nie, grief hom.—Eksodus 20:5; 1 Konings 18:21.

Ons glo dat ons besluit om nie Paasfees te vier nie, stewig gebaseer is op die Bybel, wat ons aanspoor om “praktiese wysheid en denkvermoë” te gebruik eerder as om net mensetradisies te volg (Spreuke 3:21; Matteus 15:3). Hoewel ons met ander oor ons godsdiensoortuigings in verband met Paasfees praat as hulle daaroor uitvra, respekteer ons elkeen se reg om te besluit wat hy of sy wil doen.—1 Petrus 3:15.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel