Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwfq artikel 42
  • Wat is die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat is die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap?
  • Algemene vrae oor Jehovah se Getuies
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Ondersteunende regsentiteite
  • Hoe die Bestuursliggaam van ’n wetlike korporasie verskil
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Nuwe korporasies wat gevorm is
    Ons Koninkryksbediening—2002
  • ’n Spesiale Aankondiging
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Vraebus
    Ons Koninkryksbediening—2009
Sien nog
Algemene vrae oor Jehovah se Getuies
ijwfq artikel 42
Die binnehof-toring en ingangsportaal by die wêreldhoofkwartier van Jehovah se Getuies in Warwick, New York

Wat is die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap?

Die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap van Pennsilvanië is ’n niewinsgewende korporasie wat in 1884 gestig is onder die wetgewing van die Gemenebes van Pennsilvanië, VSA. Dit word deur Jehovah se Getuies gebruik vir hulle wêreldwye werk, wat die vervaardiging van Bybels en Bybellektuur insluit.

Volgens die korporasie se handves is die korporasie se doelwitte “godsdienstig, opvoedkundig en liefdadig” en behels dit hoofsaaklik die “verkondiging en onderrigting van die evangelie van God se Koninkryk onder Jesus Christus”. Iemand kan slegs ’n lid van die korporasie word as hulle genooi word, en hierdie uitnodiging hang nie af van hoeveel geld die persoon bygedra het nie. Die korporasie se lede en direkteure ondersteun die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies.

Ondersteunende regsentiteite

Behalwe die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap van Pennsilvanië gebruik Jehovah se Getuies ook tientalle regsentiteite in verskeie lande. Party van hierdie entiteite sluit “Watch Tower”, “Watchtower” of ’n vertaling daarvan by hulle naam in.

Hierdie verskeie regsentiteite het ons in staat gestel om baie te verrig sedert dit gestig is, soos die volgende:

  • Skryf- en uitgewerswerk. Ons het sowat 253 miljoen Bybels gedruk. Ons publikasies is in meer as 1 050 tale beskikbaar. Die webwerf jw.org stel mense in staat om die Bybel gratis in meer as 300 tale aanlyn te lees en om antwoorde te vind op Bybelvrae soos: “Wat is die Koninkryk van God?”

  • Opvoeding. Ons hou verskeie skole vir Bybelonderrig. Byvoorbeeld, vanaf 1943 het meer as 10 000 Getuies van Jehovah baat gevind by die intensiewe opleiding wat deur die Wagtoring-Bybelskool Gilead voorsien word. Dit stel hulle in staat om as sendelinge te dien of stabiliteit te verleen aan ons wêreldwye werk en dit te bevorder. En elke week ontvang miljoene mense, insluitende nie-Getuies, onderrigting by ons gemeentelike vergaderinge. Ons hou ook lees-en-skryf-klasse en het ’n handboek daarvoor in 136 tale beskikbaar gestel.

  • Liefdadigheid. Ons voorsien ook materiële hulp aan diegene wat weens tragedies ly—hetsy dit veroorsaak word deur mense, soos die volksmoord van 1994 in Rwanda, of natuurrampe, soos die aardbewing in 2010 in Haïti.

Hoewel baie verrig is deur die korporasies en regsentiteite wat ons gebruik, is ons werk nie daarvan afhanklik nie. Elke Christen het ’n persoonlike verantwoordelikheid om ag te slaan op die godgegewe opdrag om te preek en die goeie nuus te verkondig (Matteus 24:14; 28:19, 20). Ons glo dat God ons werk ondersteun en dat hy sal voortgaan om ‘dit te laat groei’.—1 Korintiërs 3:6, 7.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel