Vraebus
◼ Is dit gepas dat gemeentes of individue die logo’s gebruik van wetlike korporasies wat deur Jehovah se Getuies gebruik word?
’n Logo is ’n naam, simbool of handelsmerk wat bedoel is om maklik en sonder enige twyfel herken te word. Die Wagtoring-logo verteenwoordig die Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania en ander korporasies wat deur die organisasie gebruik word. Party van die korporasies wat deur Jehovah se Getuies gebruik word, het ander logo’s.
Gemeentes of individue moenie logo’s of name van die organisasie se wetlike korporasies, of soortgelyke logo’s of name, op hulle Koninkryksaal, naambord, briefhoof, persoonlike voorwerpe, ensovoorts gebruik nie. As die organisasie se logo’s so gebruik word, kan dit staatsamptenare, verkondigers en ander laat wonder wat die wetlike verband tussen die gemeente en die organisasie se wetlike korporasies is. Dit kan hulle ook verkeerdelik laat dink dat ’n brief deur die wêreldhoofkwartier of die takkantoor goedgekeur of gestuur is.
Die Wagtoring-logo, of soortgelyke logo’s, moenie vir toekomstige Koninkryksaalprojekte gebruik word nie, al word die Koninkryksaal deur ’n wetlike korporasie van Watch Tower besit. Gemeentes wat ’n bestaande Koninkryksaal met ’n logo het, hoef nie dadelik veranderinge aan die naambord of ontwerp aan te bring nie, want hierdie veranderinge kan groot verbouing en baie tyd, inspanning en onkoste behels. Maar as dit ’n geringe verandering sal wees wat nie baie werk sal verg nie, moet dit oorweeg word. Andersins kan dit aangebring word wanneer dit tyd is om die gebou of naambord op te knap.