Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwwd artikel 16
  • Die vlermuis se eggo-opsporing

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die vlermuis se eggo-opsporing
  • Is dit ontwerp?
  • Soortgelyke materiaal
  • Vlieënde tuiniers van die tropiese reënwoud
    Ontwaak!—2014
  • Die wêreld se kleinste vlermuis
    Ontwaak!—2010
  • Wonderlike sintuie in die diereryk
    Ontwaak!—2003
  • Vlerke in die natuur
    Ontwaak!—2009
Sien nog
Is dit ontwerp?
ijwwd artikel 16
’n Vlermuis vlieg in ’n grot.

IS DIT ONTWERP?

Die vlermuis se eggo-opsporing

Hoewel vlermuise kan sien, gebruik die meeste spesies eggo-opsporing om uit te vind hoe hulle omgewing in die donker nag lyk. Dit beteken dat hulle weet hoe ver ’n voorwerp is deur hoeveel tyd dit neem vir klank om na hulle terug te weergalm. Party vlermuise kan byvoorbeeld ’n muskiet van ’n kewer uitken deur hoe vinnig die insek sy vlerke klap.

Dink hieraan: Die meeste vlermuise maak ’n polsende geluid in hulle keel wat deur hulle mond of neusgate uitkom. Hulle gebruik hulle groot ore om eggo’s op te spoor wat gemaak word wanneer die klankgolwe van voorwerpe af terug weergalm. Hierdie eggo’s maak dit vir die vlermuis moontlik om ’n driedimensionele prentjie van sy omgewing in sy geheue te vorm. Die vlermuis kan die plek, hoogte en afstand van ’n voorwerp bepaal, selfs wanneer daar ander vlermuise in die omgewing is wat geluide maak.

Die vlermuis se eggo-opsporing moet baie akkuraat wees, want ’n fout van een millisekonde (een duisendste van ’n sekonde) kan veroorsaak dat die vlermuis sy teiken met soveel as 17 sentimeter mis. Volgens party navorsers kan dit “onmoontlik lyk” om tot op een millisekonde akkuraat te wees. Maar eksperimente wys dat vlermuise ’n akkurate eggo-tyd van 10 nanosekondes (100 000 000ste van ’n sekonde) het. Dit maak dit vir hulle moontlik om afstande met ’n akkuraatheid van ’n millimeter of minder te bepaal!

Navorsers het ’n elektroniese wandelstok ontwikkel wat ook eggo-opsporing gebruik. Dit help blinde mense om hulle omgewing te visualiseer en dinge wat in hulle pad is, te vermy. Dit sluit dinge in wat op dieselfde hoogte as hulle kop is en waarteen hulle hulle kop kan stamp, soos ’n boomtak. Brian Hoyle en Dean Waters, twee van die ontwerpers van die sogenaamde Batcane, sê: “Ons was geïnspireer om hierdie wandelstok te ontwerp as gevolg van wat ons weet oor die vlermuis se vermoë om eggo-opsporing te gebruik.”

’n Man wat blind is, loop met ’n elektroniese wandelstok. Die wandelstok se eggo-opsporing waarsku hom dat daar ’n brandkraan in sy pad is.

Wat dink jy? Het die vlermuis se ongelooflike vermoë om eggo-opsporing te gebruik deur evolusie ontstaan? Of is dit ontwerp?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel