Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Welkom.
Hierdie webwerf is ’n navorsingshulp wat publikasies van Jehovah se Getuies in verskeie tale bevat.
Om publikasies af te laai, kan jy gaan na jw.org.
Aankondiging
Nuwe taal beskikbaar: Mbum
  • Vandag

Dinsdag 29 Julie

Ek het jou goedgekeur. – Luk. 3:22.

Dit is baie gerusstellend om te weet dat Jehovah sy volk as ’n groep goedkeur! Die Bybel sê: “Jehovah vind vreugde in sy volk” (Ps. 149:4). Maar partykeer word party so mismoedig dat hulle dalk wonder: ‘Keur Jehovah my persoonlik goed?’ ’n Hele paar van Jehovah se getroue aanbidders in Bybeltye het soms met sulke gevoelens gesukkel (1 Sam. 1:​6-10; Job 29:​2, 4; Ps. 51:11). Die Bybel wys duidelik dat onvolmaakte mense Jehovah se goedkeuring kan verkry. Hoe? Ons moet geloof in Jesus Christus beoefen en gedoop word (Joh. 3:16). Op hierdie manier wys ons vir ander dat ons berou het oor ons sondes en ’n belofte aan God gemaak het om sy wil te doen (Hand. 2:38; 3:19). Jehovah is baie gelukkig wanneer ons hierdie stappe neem om ’n verhouding met hom te ontwikkel. Jehovah keur ons goed en beskou ons as sy hegte vriende as ons aanhou om ons bes te doen om ons toewydingsgelofte na te kom. – Ps. 25:14. w24.03 26 ¶1-2

Ondersoek die Skrif elke dag – 2025

Woensdag 30 Julie

Ons kan nie ophou praat oor die dinge wat ons gesien en gehoor het nie. – Hand. 4:20.

Ons kan die dissipels navolg deur aan te hou preek selfs wanneer die regering ons beveel om op te hou. Ons kan die vertroue hê dat Jehovah ons sal help om ons bediening uit te voer. Daarom moet ons bid vir moed en wysheid en Jehovah vra om ons te help om probleme te hanteer. Baie van ons ly as gevolg van ’n siekte of emosionele probleme, die dood van ’n geliefde, ’n moeilike familiesituasie, vervolging of ’n ander probleem. En dinge soos pandemies en oorloë het baie van hierdie probleme selfs moeiliker gemaak om te hanteer. Stort jou hart voor Jehovah uit. Vertel hom van jou situasie net soos jy ’n goeie vriend daarvan sou vertel. Jy kan daarvan seker wees dat Jehovah “vir jou [sal] optree” (Ps. 37:​3, 5). As ons volhou met gebed, sal dit ons help om te “volhard wanneer [ons] moeilike tye deurmaak” (Rom. 12:12). Jehovah weet wat sy aanbidders deurmaak – “hy hoor hulle geroep om hulp”. – Ps. 145:​18, 19. w23.05 5-6 ¶12-15

Ondersoek die Skrif elke dag – 2025

Donderdag 31 Julie

Hou aan om seker te maak van wat vir die Here aanvaarbaar is. – Ef. 5:10.

Wanneer ons belangrike besluite moet maak, moet ons verstaan “wat die wil van Jehovah is” en dan in ooreenstemming daarmee optree (Ef. 5:17). Deur Bybelbeginsels te vind wat van toepassing is op ons situasie soek ons eintlik God se denke oor die saak. Dan soos ons sy beginsels toepas, sal ons goeie besluite kan maak. “Die Duiwel”, ons vyand Satan, wil ons graag so besig hou met die dinge van hierdie wêreld dat ons nie tyd het vir ons diens aan God nie (1 Joh. 5:19). ’n Christen kan daarop begin fokus om materiële besittings, sekulêre opvoeding of sy loopbaan bo geleenthede te stel om Jehovah te dien. As dit sou gebeur, sou dit wys dat hy deur die wêreld se denke geaffekteer word. Hierdie dinge is natuurlik nie verkeerd nie, maar dit moet nooit die belangrikste in ons lewe wees nie. w24.03 24 ¶16-17

Ondersoek die Skrif elke dag – 2025
Welkom.
Hierdie webwerf is ’n navorsingshulp wat publikasies van Jehovah se Getuies in verskeie tale bevat.
Om publikasies af te laai, kan jy gaan na jw.org.
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel