Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Welkom.
Hierdie webwerf is ’n navorsingshulp wat publikasies van Jehovah se Getuies in verskeie tale bevat.
Om publikasies af te laai, kan jy gaan na jw.org.
  • Vandag

Woensdag 30 Julie

Ons kan nie ophou praat oor die dinge wat ons gesien en gehoor het nie. – Hand. 4:20.

Ons kan die dissipels navolg deur aan te hou preek selfs wanneer die regering ons beveel om op te hou. Ons kan die vertroue hê dat Jehovah ons sal help om ons bediening uit te voer. Daarom moet ons bid vir moed en wysheid en Jehovah vra om ons te help om probleme te hanteer. Baie van ons ly as gevolg van ’n siekte of emosionele probleme, die dood van ’n geliefde, ’n moeilike familiesituasie, vervolging of ’n ander probleem. En dinge soos pandemies en oorloë het baie van hierdie probleme selfs moeiliker gemaak om te hanteer. Stort jou hart voor Jehovah uit. Vertel hom van jou situasie net soos jy ’n goeie vriend daarvan sou vertel. Jy kan daarvan seker wees dat Jehovah “vir jou [sal] optree” (Ps. 37:​3, 5). As ons volhou met gebed, sal dit ons help om te “volhard wanneer [ons] moeilike tye deurmaak” (Rom. 12:12). Jehovah weet wat sy aanbidders deurmaak – “hy hoor hulle geroep om hulp”. – Ps. 145:​18, 19. w23.05 5-6 ¶12-15

Ondersoek die Skrif elke dag – 2025

Donderdag 31 Julie

Hou aan om seker te maak van wat vir die Here aanvaarbaar is. – Ef. 5:10.

Wanneer ons belangrike besluite moet maak, moet ons verstaan “wat die wil van Jehovah is” en dan in ooreenstemming daarmee optree (Ef. 5:17). Deur Bybelbeginsels te vind wat van toepassing is op ons situasie soek ons eintlik God se denke oor die saak. Dan soos ons sy beginsels toepas, sal ons goeie besluite kan maak. “Die Duiwel”, ons vyand Satan, wil ons graag so besig hou met die dinge van hierdie wêreld dat ons nie tyd het vir ons diens aan God nie (1 Joh. 5:19). ’n Christen kan daarop begin fokus om materiële besittings, sekulêre opvoeding of sy loopbaan bo geleenthede te stel om Jehovah te dien. As dit sou gebeur, sou dit wys dat hy deur die wêreld se denke geaffekteer word. Hierdie dinge is natuurlik nie verkeerd nie, maar dit moet nooit die belangrikste in ons lewe wees nie. w24.03 24 ¶16-17

Ondersoek die Skrif elke dag – 2025

Vrydag 1 Augustus

Die regverdige het baie probleme, maar Jehovah red hom van dit alles. – Ps. 34:19.

Let op twee belangrike punte in die psalm hier bo: (1) Regverdige mense het probleme. (2) Jehovah red ons van ons probleme. Hoe red Jehovah ons? Een manier hoe hy dit doen, is deur ons te help om ’n realistiese beskouing van die lewe in hierdie wêreld te hê. Jehovah belowe dat ons ons diens aan hom sal geniet, maar hy belowe nie dat ons nou ’n lewe sonder probleme sal hê nie (Jes. 66:14). Hy moedig ons aan om te fokus op ons toekoms – die tyd wanneer ons die lewe sal hê wat hy wil hê ons vir ewig moet geniet (2 Kor. 4:​16-18). Intussen help hy ons om aan te hou om hom elke dag te dien (Klaagl. 3:​22-24). Wat kan ons leer uit die voorbeelde van getroue aanbidders van Jehovah in Bybeltye en in ons dag? Ons sal dalk onverwagse probleme ondervind. Maar wanneer ons op Jehovah vertrou, sal hy ons altyd ondersteun. – Ps. 55:22. w23.04 14-15 ¶3-4

Ondersoek die Skrif elke dag – 2025
Welkom.
Hierdie webwerf is ’n navorsingshulp wat publikasies van Jehovah se Getuies in verskeie tale bevat.
Om publikasies af te laai, kan jy gaan na jw.org.
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel