Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • jy hfst. 23 bl. 60-bl. 61 par. 5
  • Jesus doen wonderwerke in Kapernaum

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jesus doen wonderwerke in Kapernaum
  • Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Soortgelyke materiaal
  • Nog wonderwerke in Kapernaüm
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Nog wonderwerke in Kapernaüm
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Die sinagoge—Waar Jesus en sy dissipels gepreek het
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Waarom Jesus aarde toe gekom het
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
Sien nog
Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
jy hfst. 23 bl. 60-bl. 61 par. 5
Siek mense kom by Petrus se huis bymekaar, en Jesus genees hulle

HOOFSTUK 23

Jesus doen wonderwerke in Kapernaum

MATTEUS 8:14-17 MARKUS 1:21-34 LUKAS 4:31-41

  • JESUS DRYF ’N DEMOON UIT

  • PETRUS SE SKOONMA WORD GENEES

Jesus het vier dissipels – Petrus, Andreas, Jakobus en Johannes – genooi om vissers van mense te wees. Nou, op die Sabbat, gaan hulle almal na ’n plaaslike sinagoge in Kapernaum. Jesus leer mense in die sinagoge, en die mense is weer eens verstom oor sy manier van leer. Hy doen dit soos iemand wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie.

Op hierdie Sabbat is daar ’n man in wie daar ’n demoon is. Net daar in die sinagoge skree die man met ’n harde stem: “Wat het ons met jou te doen, Jesus die Nasarener? Het jy gekom om ons te vernietig? Ek weet presies wie jy is: die Heilige van God!” Jesus praat streng met die demoon wat die man beheer en sê: “Bly stil, en kom uit hom uit!” – Markus 1:24, 25.

Dan gooi die slegte gees die man op die grond en laat hom stuiptrekkings kry en kliphard skree. Maar die demoon kom uit die man uit “sonder om hom seer te maak” (Lukas 4:35). Die mense om hom in die sinagoge is verstom! “Wat is dit?” vra hulle. “Hy beveel selfs die onrein geeste met gesag, en hulle gehoorsaam hom” (Markus 1:27). Dit is te verstane dat die nuus oor hierdie indrukwekkende gebeurtenis deur die hele Galilea versprei.

Wanneer Jesus en sy dissipels die sinagoge verlaat, gaan hulle na Simon, of Petrus, se huis toe. Daar is Petrus se skoonma baie siek met ’n hoë koors. Hulle smeek Jesus om haar te help. Jesus gaan dus na haar toe, vat haar hand en help haar op. Sy is onmiddellik genees en begin Jesus en die dissipels wat daar saam met hom is, bedien, dalk deur vir hulle ’n maaltyd voor te berei.

Wanneer die son sak, kom mense van oral na Petrus se huis met hulle siekes. Binne ’n kort tydjie lyk dit asof die hele stad by die deur bymekaargekom het. Hoekom? Hulle wil genees word. Om die waarheid te sê, ‘die mense bring al die siekes wat in hulle huise was, na hom toe. En hy lê sy hande op elkeen van hulle en genees hulle’ (Lukas 4:40). Ja, dit maak nie saak aan watter siektes hulle ly nie, Jesus help hulle, net soos daar voorspel is (Jesaja 53:4). Hy bevry selfs die mense in wie daar demone is. Terwyl die slegte geeste uitkom, skree hulle: “Jy is die Seun van God” (Lukas 4:41). Maar Jesus praat streng met hulle en laat hulle nie toe om enigiets verder te sê nie. Hulle weet dat Jesus die Christus is, en hy wil nie hê hulle moet voorgee dat hulle die ware God dien nie.

DEMOONBESETENHEID

Wanneer ’n demoon of demone in ’n persoon invaar, kan hulle daardie persoon baie laat ly (Matteus 17:14-18). Maar wanneer die persoon van die demoon bevry word, herstel hy verstandelik en liggaamlik. Jesus het keer op keer gewys dat hy die mag het om demone uit te dryf deur middel van God se heilige gees. – Lukas 8:39; 11:20.

  • Wat gebeur op die Sabbat in ’n sinagoge in Kapernaum?

  • Waarheen gaan Jesus wanneer hy die sinagoge verlaat, en wat doen hy daar?

  • Hoe reageer die mense van die stad op wat Jesus daar gedoen het?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel