Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/87 bl. 1-2
  • Bely ons hoop in die openbaar

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bely ons hoop in die openbaar
  • Ons Koninkryksbediening—1987
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • DIE PARADYS OP AARDE-BOEK
  • BYBELSTUDIES IN PARADYS OP AARDE-BOEK
  • Hou Bybelstudies in die Paradys op aarde-boek
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Bestudeer die Paradys op aarde-boek en die Verenig in aanbidding-boek
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Ons kan vir ewig lewe
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
  • God se vreedsame nuwe wêreld—Jy kan daarin lewe
    Leer by die Groot Onderwyser
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1987
km 3/87 bl. 1-2

Bely ons hoop in die openbaar

1 Jesus is ons voorbeeld wat die belydenis van ons Koninkrykshoop betref. Hy het gesê: “Ek het in die openbaar tot die wêreld gespreek. Ek het altyd in ’n sinagoge geleer en in die tempel, waar alle Jode bymekaarkom; en ek het niks in die geheim gespreek nie” (Joh. 18:20, NW). Hoe kan ons hom navolg?

2 Soos Jesus wil ons elke gepaste geleentheid benut om met mense oor die Koninkryk en oor ons hoop vir die toekoms te praat. Paulus het vermaan: “Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou” (Hebr. 10:23). Ons doen dit omdat ons wil hê mense moet leer van die goedheid van Jehovah, wat ons ons hoop gee. Ons doen dit ook omdat ons wil hê mense moet gered word.​—Rom. 10:13, 14.

3 Die 1987-Gedenkmaalseisoen begin in Maart—’n tyd van groter teokratiese bedrywigheid vir al Jehovah se Getuies. Baie sal hulppionierdiens doen. Benewens ons gewone openbare bediening waartydens ons die Paradys op aarde-boek sal aanbied en tuisbybelstudies sal begin, moet ons onthou om mense te nooi na die spesiale openbare toespraak oor die onderwerp “Wat is jou verhouding met God?” wat op 29 Maart in die meeste gemeentes gehou sal word. Ons sal ook druk besig wees om voorbereidsels vir die Gedenkmaalviering op 12 April te tref.

DIE PARADYS OP AARDE-BOEK

4 Die Paradys op aarde-boek is een van die beste boeke wat ons nog ooit gehad het om mense te help om die Bybel te verstaan. Dit help ons om ons hoop bekwaam te bely, en ons behoort opgewonde te wees om dit in Maart te gebruik. Tot dusver is 30 miljoen eksemplare in 71 tale gedruk. Hoeveel sal ons by belangstellendes kan laat? Ons sal dit moontlik nuttig vind om na te dink en ’n lys te maak van al die geleenthede wat ons het om hierdie uitstekende publikasie aan te bied.

5 Die huis-tot-huiswerk sal ongetwyfeld die vernaamste manier wees om Paradys op aarde-boeke aan te bied. Kan jy meer tyd gedurende die maand aan hierdie werk afstaan? Die sukses wat ons behaal wanneer ons die Paradys op aarde-boek aanbied, hang in groot mate af van hoe bekwaam ons die jongste ’Onderwerp vir gesprekke’ gebruik en hierdie tema op die boek toepas. Is daar iets wat jy kan doen om in hierdie opsig te verbeter? Party sal moontlik oefensessies saam met hulle gesin kan hou. Wat kan diegene wat velddiensvergaderinge behartig, doen om te help? Romeine 12:8 (NW) vermaan diegene wat die leiding neem om dit “in alle erns” te doen.

6 In watter ander omstandighede kan ons die Paradys op aarde-boek. aanbied? Een vragmotorbestuurder het die boek aangebied vir mense met wie hy op sy reise in aanraking gekom het. Sy aanbieding was eenvoudig. Hy het vir mense die boek gewys en verduidelik dat hy talle wonderlike dinge daaruit geleer het en dat wat hy geleer het in werklikheid sy lewe verander het. Oor ’n tydperk van drie maande het hy met behulp van hierdie informele metode 200 Paradys op aarde-boeke by mense gelaat. ’n Broer wat by ’n lughawe werksaam was, het 120 boeke geplaas bloot deur ’n eksemplaar op sy lessenaar by bladsye 12 en 13 oop te laat. Mense wat dit gesien het, het die inisiatief geneem en eksemplare gevra. Hoe kan jy die Paradys op aarde-boek gebruik om openbare belydenis van jou hoop by die werk, by die skool, wanneer jy reis of elders te doen?

BYBELSTUDIES IN PARADYS OP AARDE-BOEK

7 Een verkondiger wat drie tuisbybelstudies begin het deur terug te gaan na mense by wie hy ’n Paradys op aarde-boek gelaat het, het aan die Genootskap geskryf: “Ek kan julle nie genoeg bedank vir die feit dat julle dit maklik gemaak het om Bybelstudies te hou en dat julle elke noodsaaklike aspek dek wat die student nodig het om ’n blywende en hartgrondige waardering vir Jehovah en sy organisasie te kry nie.” Dit is bemoedigend om te sien dat ons Bybelstudies in Suid-Afrika van ’n maandelikse gemiddelde van 17 791 in 1982, die jaar toe ons die Paradys op aarde-boek ontvang het, tot ’n gemiddelde van 37 641 per maand gedurende die 1986-diensjaar gestyg het. Dit is ’n uitsonderlike vermeerdering van 112 persent!

8 Laat elkeen van ons dus Jehovah om hulp bid sodat ons elke gepaste geleentheid kan benut om ons hoop in die openbaar te bely. Soek maniere om die Paradys op aarde-boek te gebruik om ander te help om stappe te doen om God saam met ons in die openbaar te loof. Jehovah sal ons pogings seën.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel