Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/88 bl. 4
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Vir kinders

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bied die Goeie Nuus Aan—Vir kinders
  • Ons Koninkryksbediening—1988
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • WANNEER ’N JONGMENS DIE DEUR OOPMAAK
  • Bied die Goeie Nuus Aan—As ’n gesin
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Ouers—Lei julle kinders in die velddiens op
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Ouers—Leer julle kinders om die predikingswerk te doen
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • Jongmense—Verbly Jehovah se hart
    Ons Koninkryksbediening—1993
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1988
km 11/88 bl. 4

Bied die Goeie Nuus Aan​—Vir kinders

1 As jy by die meeste gemeentelike vergaderinge en sekerlik by groot byeenkomste om jou heen kyk, is daar genoeg bewys dat ’n groot menigte ‘jong manne, meisies en seuns’​—ja, kinders—​Jehovah loof (Ps. 148:12, NAV). Dit behoort elkeen van ons daaraan te herinner hoe belangrik dit is om jongmense wat ons in die velddiens ontmoet soveel geleenthede moontlik te bied om van Jehovah en sy beloftes te leer. As ons wakker en voorberei is om vir kinders te getuig, sal dit hulle hierdie geleentheid bied. Daar is verskeie faktore wat oorweeg moet word.

2 ’n Positiewe gesindheid teenoor kinders en hulle vermoë om liefde vir Jehovah aan te kweek, is nodig. Bybelse voorbeelde, soos Samuel, Dawid en Timotheüs, gee ons die versekering dat jongmense onwrikbaar in hulle toegewydheid aan Jehovah kan wees (1 Sam. 2:18; Ps. 71:17; 2 Tim. 3:14,  15). Daar is ook hedendaagse voorbeelde.

WANNEER ’N JONGMENS DIE DEUR OOPMAAK

3 Vra jy gewoonlik om met die ouers te praat wanneer ’n jongmens die deur oopmaak? Gaan jy dan na die volgende huis as die ouers nie tuis is nie? Daardie jong persoon se lewe is ook kosbaar. Pas gerus jou aanbieding aan en deel die goeie nuus met hom of haar, ’n Eenvoudige aanbieding wat paradystoestande uiteensit, of ’n kort kommentaar oor wat die toekoms inhou, kan gebruik word om belangstelling te wek. Talle kinders ken byvoorbeeld die Onse Vader en kan maklik kommentare verstaan oor wat die antwoord op daardie gebed ten opsigte van veranderde wêreldtoestande sal beteken.

4 Wanneer ons vir kinders getuig, is dit belangrik om die ouers se gesag te respekteer. Ons moet goeie oordeel aan die dag lê wanneer ons lektuur by kinders aanbied. Dit is dalk gepas om, na gelang van hulle ouderdom, te vra of hulle ouers hulle toelaat om hulle eie leesstof te kies. As dit hulle nie vrystaan om lektuur te aanvaar nie, maar hulle wel belangstelling toon, kan jy mondeling vir hulle getuig en reëlings tref om terug te gaan wanneer hulle ouers tuis is. Dit kan ’n trapklip wees om die ouers ook te help.

5 Om aanpasbaar en wakker te wees, beteken ook dat ons daarvan bewus is dat ons in jongmense se behoeftes kan voorsien. Jehovah se organisasie het aantreklike publikasies voorberei met tydige informasie wat daarop gemik is om die harte van jongmense van alle ouderdomme te bereik. Die Groot Onderwyser- en Bybelverhale-boek kan veral vir kinders van spesiale belang wees. Die Jeug- en Gesinslewe-boek bevat pertinente informasie om die wat ouer is te help. En wat ’n skat kan tog in Die Wagtoring en Ontwaak! gevind word! Die rubriek ‘Jongmense vra  . . .’ in Ontwaak! en die reeks ‘Jesus se lewe en bediening’ in Die Wagtoring sal geskik wees om vir kinders aan te bied. Die vierkleurillustrasies in beide tydskrifte kan die verbeelding van jongmense aangryp en by hulle ’n begeerte wek om die God te ken wat vir die oneindige skeppingswonders verantwoordelik is. Die kleurryke brosjures, soos Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, moet ook nie oor die hoof gesien word nie. Wanneer jy dus vir die velddiens voorberei, moet jy dink aan wat jy kan saamneem wat by jongmense byval sal vind.

6 Jehovah se oordeelsvoltrekking sal almal raak, ‘jongmanne en jongedogters en kinders’ inkluis (Eseg. 9:6). Die feit dat sommige wat Jehovah al baie jare dien die waarheid aangeneem het toe hulle nog baie jonk was, moet ons help om te besef hoe belangrik dit is dat ons vir kinders getuig wat ons in die bediening ontmoet. Ons kan, soos Jesus, liefdevolle besorgdheid toon en hulle ’n seën bring deur die goeie nuus aan hulle mee te deel (Matt. 19:14,  15). Wees positief, en gee ’n gepaste getuienis vir jongmense, in die hoop dat hulle ook lowers van Jehovah sal word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel