Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/92 bl. 10
  • Doen doeltreffende eerste besoeke

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Doen doeltreffende eerste besoeke
  • Ons Koninkryksbediening—1992
  • Soortgelyke materiaal
  • Herbesoeke om waardering op te bou
    Ons Koninkryksbediening—1994
  • Maak die voortreflikhede van Jehovah alom bekend
    Ons Koninkryksbediening—2007
  • Voorgestelde aanbiedings
    Ons Koninkryksbediening—2012
  • Gebruik traktate om die Grootste mens-boek aan te bied
    Ons Koninkryksbediening—1993
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1992
km 4/92 bl. 10

Doen doeltreffende eerste besoeke

1 Dit kan nogal ’n uitdaging wees om gesprekke in die bediening aan te knoop aangesien mense so betrokke is by hulle eie aangeleenthede of besliste idees omtrent godsdiens het. Wat kan ons in gedagte hou wat ons sal help om ons eerste besoek doeltreffend te maak?

2 Aangesien baie mense hierdie tyd van die jaar aan Jesus dink, kan jy jou gesprek begin deur te sê:

◼“Hierdie tyd van die jaar is Jesus se offer beslis iets waaraan ons almal dink. Wat dink jy doen Jesus nou?” Laat die huisbewoner antwoord. Dan kan jy vir die huisbewoner Openbaring 6:2 lees, wat beskryf hoe Jesus op ’n wit perd sit en uitgaan om te oorwin. Lewer kommentaar oor sy koninklike rol en die ewige voordele wat sy heerskappy vir alle gehoorsame mense sal inhou.

3 Wanneer jy die nommer van 1 April aanbied met die artikel “Ware vryheid—Uit watter bron?” kan jy sê:

◼“Mense oor die hele wêreld strewe na vryheid. Maar die beloftes van vryheid wat deur menseregerings gemaak is, is nie vervul nie. Die aanbidding van Jehovah, die ware God, bring blywende vryheid.” Lees 2 Korinthiërs 3:17 en wys daarop dat hierdie nommer van Die Wagtoring God se belofte beklemtoon en dat dit toon waarom wêreldgebeure bevestig dat ons bevryding op hande is.

4 Jy kan die “Wagtoring” van 15 April 1992 aanbied deur die onderwerp van gebed te beklemtoon en te sê:

◼“In oorlogstyd bid mense oor die algemeen dat hulle die oorwinning sal behaal. Dink jy dat God sulke gebede verhoor en kant kies? [Laat huisbewoner antwoord.] Let op wat die Bybel sê.” Lees dan 1 Petrus 3:12 en lewer kommentaar daaroor. Gee ’n kort verduideliking en vestig dan die huisbewoner se aandag op ’n gedagte in die Wagtoring-artikel wat sy belangstelling sal prikkel om die tydskrif te lees. Bied die intekening aan.

5 Onthou dat dit ons doelwit is om Bybelstudies te hou. Aangesien baie gedurende April aan die hulppionierdiens sal deelneem, sal ons selfs meer geleenthede hê om mense te vind wat daarin belangstel om die Bybel te bestudeer. Maar al kan ons weens ons omstandighede nie gedurende April aan die hulppionierdiens deelneem nie, kan ons almal die doelwit stel om ’n Bybelstudie te begin.

6 Sommige verkondigers het al traktate gebruik om Bybelstudies tydens die eerste besoek te begin.

Wanneer jy die traktaat “Die lewe in ’n vreedsame nuwe wêreld” aanbied, kan jy sê:

◼“Ons doen ’n vrywillige werk in jou omgewing. Ek wil jou graag hierdie traktaat gee wat verduidelik waaroor ons werk gaan. Dink jy dat die wêreld ooit só sal lyk?” Nadat die huisbewoner geantwoord het, kan jy die eerste paar paragrawe met hom bespreek en Mattheüs 6:9, 10 en Psalm 37:29 beklemtoon.

7 Dink goed na oor hoe jy die bespreking gaan inlei. Uitstekende wenke word in die Redenering-boek op bladsye 9-15 gegee. Die oordeelkundige gebruik van hierdie inleidings sal daartoe bydra dat jou eerste besoek doeltreffend is.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel