Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w89 1/1 bl. 31
  • Jehovah seën volharding

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jehovah seën volharding
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Soortgelyke materiaal
  • Volharding as ’n soldaat van Christus
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Ek wag op ’n Koninkryk wat “geen deel van hierdie wêreld” is nie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
  • Bly om meer te kan doen
    Ontwaak!—2005
  • God is geen aannemer van die persoon nie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
w89 1/1 bl. 31

Koninkryksverkondigers berig

Jehovah seën volharding

JEHOVAH SE GETUIES het ’n diep liefde vir Jehovah God en ’n verantwoordelikheidsin teenoor hulle medemens, wat hulle beweeg om elkeen die geleentheid te probeer bied om die goeie nuus van God se Koninkryk te hoor (Mattheüs 24:14). Dit is waarom ’n suster vasbeslote was om vir soldate en hulle gesinne by die militêre kamp in haar gebied te getuig.

Elke keer wanneer sy probeer het, het die kaptein in bevel haar toegang geweier. Sy vertel: “Ek het dus besluit om die bevelvoerder, ’n kolonel, te gaan spreek. Toe ek sy sekretaris gebel het, het hy geweier om my na die kolonel deur te skakel. Ek het beplan om die kolonel by sy huis te besoek, want hy het nie by die barakke gewoon nie. Toe ek dit gedoen het, het hy gevra waar ek vandaan kom. Gelukkig is ek op die klein hoofeilandjie in Fidji gebore. Hy het uit respek na my versoek geluister en gesê dat hy van Jehovah se Getuies gehoor het, maar dat ons werk nooit vir hom verduidelik is nie. Dit het my ’n wonderlike geleentheid gegee om vir hom te getuig, en hy het drie Bybelstudiehulpe by my geneem. Hy het vir my gesê dat ek om 9:00 vm. die volgende Dinsdag by sy kantoor by die barakke moes wees. Toe ek en ’n ander suster daar aankom, was die wagte reeds van ons besoek verwittig en het hulle ons meegedeel dat toestemming verleen is dat ons in die kamp kan preek. Die wagte se bevelvoerder het gesê: ‘Ek deel alle offisiere nou mee dat alle deure Vrydag vir julle oop moet wees, en hoewel ons almal verskillende godsdienste het, kan julle s’n die een wees wat die waarskuwing van die Koninkryk van die hemel en die einde van die wêreld verkondig.’

“Toe ons Vrydag daar opgedaag het”, sê sy voorts, “het ’n militêre klankmotor deur die kamp gery en aangekondig: ‘Twee bejaarde dames sal in die kamp wees om ’n waarskuwing aan julle te rig. Maak dus julle deure oop en luister na hulle. Moenie met hulle stry of vyandig wees nie.’ Ons het van 8:30 vm. tot 5:00 nm. in die kamp gewerk, en 100 boeke en 200 tydskrifte versprei. En die gevolge? Talle herbesoeke is sedertdien gedoen en talle Bybelstudies is begin.”

’n Interessante ondervinding kom van ’n ander eiland in die Stille Suidsee waar die predikingswerk onlangs deur spesiale pioniers begin is. Hierdie spesiale pioniers word deur die leiers van die Verenigde Kerk teëgestaan. Gedurende die besoek van die kringopsiener het hulle probleme ondervind om ’n herbesoek te doen, aangesien die dorpie se hoofman, wat deur die kerkleiers beïnvloed is, geweier het om Jehovah se Getuies in die dorpie toe te laat. Toe hulle daar aankom, was die hoofman nie daar nie, en hulle het die belangstellende persoon dus besoek en ’n goeie getuienis gegee. Toe hulle vertrek, kon hulle ’n groot kano sien nader kom, en dit was duidelik dat dit enjinprobleme gehad het, aangesien mense geroei het. Ja, dit was die hoofman van die dorpie wat te laat opgedaag het om die herbesoek te verhinder. Toe hulle terugkeer huis toe het die pioniers vir die kringopsiener gesê: “Ons dink dat dit ’n engel was wat sy enjin gebreek het.”

Jehovah het dus hierdie broers se volharding om sy bevel te gehoorsaam om “hierdie evangelie van die koninkryk” te verkondig, geseën.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel