Vind baat by die Teokratiese Bedieningskool vir 1996—Deel 1
1 Het jy al die instruksies gelees wat saam met die “Rooster vir die Teokratiese Bedieningskool vir 1996” gegee word? Het jy opgelet dat daar ’n paar veranderinge is? Vanaf Januarie tot April sal Toespraak Nr. 3 op die Redenering-boek gebaseer wees, en vanaf Mei tot Desember sal dit op die Kennis-boek gebaseer wees wat onlangs vrygestel is. Toespraak Nr. 4 sal elke week ’n toespraak oor ’n verskillende Bybelkarakter wees.
2 Studentetoesprake: Toespraak Nr. 3 word aan ’n suster toegewys. Wanneer dit op die Redenering-boek gebaseer is, moet die agtergrond deur-tot-deur- of informele getuieniswerk behels. Wanneer dit op die Kennis-boek gebaseer is, moet dit as ’n herbesoek of ’n tuisbybelstudie aangebied word. Dit sal baie nuttig wees, aangesien die Kennis-boek grootliks gebruik sal word om tuisbybelstudies te hou.
3 As die agtergrond ’n tuisbybelstudie is, kan albei susters reeds sit. Begin onmiddellik met die studie deur kort inleidende kommentare te maak en dan die gedrukte vraag te vra. Die rol van die huisbewoner moet realisties voorgestel word. Die teksverwysings kan na gelang van die tyd nageslaan en gelees word. Die suster moet onderrigkuns gebruik deur vrae te vra wat die huisbewoner by die gesprek betrek en deur te redeneer oor die tekste wat sy gebruik.
4 Wat moet gedoen word as daar meer teksverwysings in die toewysing aangegee word as wat binne vyf minute bespreek kan word? Dan moet sleuteltekste gekies word wat die hoofpunte beklemtoon. As daar net ’n paar tekste verskyn, kan hoofpunte in die les breedvoeriger bespreek word. Soms kan ’n paragraaf of ’n sin in die boek gelees en dan met die huisbewoner bespreek word.
5 Die venster getiteld “Toets jou kennis”, wat aan die einde van elke hoofstuk van die Kennis-boek verskyn, kan kortliks hersien word deur die verkondiger wie se toewysing die laaste paragraaf van die hoofstuk insluit. Inligtingsvensters wat binne die toegewese paragrawe verskyn, kan ook na gelang van die tyd bespreek word. As ’n inligtingsvenster tussen twee toewysings verskyn, kan die suster wat die eerste toewysing behartig dit bespreek. Daar kan kommentaar gelewer word op die prente in die boek wanneer hulle van toepassing is op die materiaal onder bespreking.
6 Toespraak Nr. 4 moet baie interessant en prakties wees. Dit sal elke week die aandag vestig op ’n werklike voorbeeld—’n Bybelkarakter. Bestudeer noukeurig wat Insight, Deel 1, oor die toegewese Bybelkarakter sê. Ontwikkel die toespraak om die tema, en kies sleuteltekste wat die gehoor sal help om hulle aandag te vestig op die Bybelkarakter en sy persoonlikheid, onder meer karaktertrekke, eienskappe of neigings wat ons óf wil navolg óf wil verwerp. Tekste wat nie direk met die Bybelkarakter verband hou nie, kan ingesluit word indien dit Jehovah se beskouing van sekere goeie of slegte eienskappe beklemtoon of as hulle met die tema van die toespraak verband hou.
7 As ons ten volle gebruik maak van die opleiding wat in die skool voorsien word, sal ons beter toegerus wees om ‘die woord te verkondig’ op ’n manier wat van voortreflike “onderrigkuns” getuig.—2 Tim. 4:2.