Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/96 bl. 2
  • Diensvergaderinge vir Januarie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderinge vir Januarie
  • Ons Koninkryksbediening—1996
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 1 Januarie
  • Week wat begin met 8 Januarie
  • Week wat begin met 15 Januarie
  • Week wat begin met 22 Januarie
  • Week wat begin met 29 Januarie
Ons Koninkryksbediening—1996
km 1/96 bl. 2

Diensvergaderinge vir Januarie

Week wat begin met 1 Januarie

Lied 133

10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Die sekretaris en boekstudiehouers moet seker maak dat alle laat velddiensrapporte vir die vorige maande ingegee is. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiens vir Desember stiptelik te rapporteer.

15 min: “Preek met insig.” Bespreek hoofpunte en reël een of twee demonstrasies.

20 min: “Wees daders—nie net hoorders nie.” Vrae en antwoorde. Bespreek na gelang van tyd die belangrikheid van gehoorsaamheid, gebaseer op die Insight-boek, Deel 2, bladsy 521, paragrawe 1 en 2.

Lied 28 en slotgebed.

Week wat begin met 8 Januarie

Lied 138

10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Prys broers op gepaste wyse vir geldelike ondersteuning van plaaslike en wêreldwye verkondiging van die goeie nuus.

15 min: Die beskermende waarde van die “Advance Medical Directive/Release”-kaart. Ouer man bespreek met die gemeente hoe belangrik dit is dat elkeen die “Advance Medical Directive/Release”-kaart behoorlik invul en ten alle tye dra en dat kinders altyd die “Identity Card” by hulle moet hê. Soos die titel van die kaart te kenne gee, sê dit vooruit wat jy wil hê (of nie wil hê nie) wat mediese sorg betref. Waarom word dit elke jaar gedoen? ’n Nuwe kaart het groter oorredingskrag as een wat dalk as verouderd beskou word of gesien word as iets wat nie meer jou oortuiging weerspieël nie. Die dokument praat namens jou as jy nie vir jouself kan praat nie. Kaarte sal vanaand uitgedeel word. Hulle moet tuis noukeurig ingevul word, maar hulle moenie geteken word nie. Soos die afgelope twee jaar gedoen is, sal jy en jou getuies onder toesig van die boekstudiehouer die kaart by die Gemeentelike Boekstudie teken. Diegene wat as getuies teken, moet self die kaarthouer die dokument sien teken. Dit sal gedurende die week van 15 Januarie ná die boekstudie gedoen word. (Sien bladsy 2 van Ons Koninkryksbediening vir Januarie 1994 vir besonderhede oor die prosedure. Sien ook die brief van 15 Oktober 1992.) Alle gedoopte verkondigers kan ’n “Advance Medical Directive/Release”-kaart invul. Ongedoopte verkondigers kan hulle eie dokument opstel deur besonderhede van hierdie kaart by hulle eie omstandighede en oortuiging aan te pas. Ouers kan hulle ongedoopte kinders help om die “Identity Card” in te vul. Stel die gemeente in kennis dat die twee hersiene byvoegsels vir Junie 1992 en Maart 1993 by die Diensvergaderinge vir die weke van 22 en 29 Januarie bespreek sal word. Almal moet hulle eksemplare daarvan vir die bespreking saambring.

20 min: “Vind baat by die Teokratiese Bedieningskool vir 1996—Deel 1.” Toespraak deur skoolopsiener. Hersien riglyne wat vir studentetoesprake in die instruksies vir die Teokratiese Bedieningskool voorsien word, wat in Ons Koninkryksbediening vir Oktober 1995 verskyn het.

Lied 70 en slotgebed.

Week wat begin met 15 Januarie

Lied 77

12 min: Plaaslike aankondigings. Bespreek kortliks die groeiende probleem van mense wat nie tuis is nie. Moedig verkondigers aan om goed gebruik te maak van die tyd deur die inisiatief te neem om mense te nader wat dalk verbyloop, op die sypaadjie staan of in motors sit.

15 min: Plaaslike behoeftes. (Of “Behou jou gevoel van dringendheid”, ’n toespraak gebaseer op Die Wagtoring van 1 Oktober 1995, bladsye 25-8.)

18 min: “Gaan terug om sommige te red.” Hersien voorgestelde aanbiedings. Stel voor dat almal hulle dit ten doel stel om studies in die nuwe boek, Kennis wat tot die ewige lewe lei, te begin.

Lied 156 en slotgebed.

Week wat begin met 22 Januarie

Lied 200

5 min: Plaaslike aankondigings.

25 min: “Is jy voorbereid op ’n mediese situasie wat jou geloof kan toets?” ’n Bekwame ouer man bespreek met gehoor die hersiene uitgawe van die byvoegsel vir Junie 1992 wat in Ons Koninkryksbediening vir November 1994 verskyn het. Sluit gepaste punte in uit brief van 1 Januarie 1996 wat aan alle gemeentes gestuur is. Betrek gehoor soveel as moontlik. Beklemtoon die voordeel daarvan om met die ouer manne en die Hospitaalskakelkomitees saam te werk wanneer ons voor ’n ernstige mediese situasie te staan kom. Beklemtoon hoe belangrik dit is dat ons nie wag tot ’n noodgeval ontstaan voor ons dink aan wat om te doen nie. Beplan nou vooruit as ’n gesin—wees gereed! Herinner gehoor daaraan om die hersiene uitgawe van die byvoegsel van Maart 1993, naamlik “Hoe om julle kinders teen die misbruik van bloed te beskerm”, na volgende week se Diensvergadering saam te bring.

15 min: “Spreek met vrymoedigheid.” Toespraak en bespreking moet deur ’n ouer man behartig word. Hersien plaaslike velddiensreëlings vir Sondae. Prys broers vir hulle goeie ondersteuning en gee wenke waar verbeteringe nodig is.

Lied 92 en slotgebed.

Week wat begin met 29 Januarie

Lied 31

10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiens vir Januarie stiptelik te rapporteer.

20 min: “Hoe om julle kinders teen die misbruik van bloed te beskerm.” Ouer man hou toespraak gebaseer op hersiene byvoegsel van Maart 1993. Verduidelik waarom dit nie noodwendig as ’n kompromis beskou moet word nie as ouers instem dat ’n geneesheer hulle kind behandel onder die omstandighede wat in paragrawe 5-7 genoem word. Beklemtoon dat vooruitbeplanning deur ouers om mediese sorg vir hulle kinders te kry dikwels die sleutel daartoe is om ’n bloedoortapping suksesvol te vermy. Help gehoor om te sien hoe belangrik dit is om albei byvoegsels (6/92; 3/93) op ’n plek te hou waar hulle dit maklik kan kry en om dit van tyd tot tyd te hersien.

15 min: Bied die Openbaring-boek gedurende Februarie aan. Verduidelik waarom daar lank gedink is dat die boek Openbaring ’n geheim is wat ons nooit sou kon begryp nie. Hersien paragrawe 6 tot 9 op bladsy 8 en toon waarom hierdie boek nodig is. Moedig verkondigers aan om hierdie punte in gedagte te hou sodat hulle ’n grondslag sal hê vir gesprekspunte by die deur. Verwys na “Die raamwerk van die boek Openbaring” op bladsye 98-9, en toon hoe dit gebruik kan word om ’n geheelbeeld van die boek Openbaring te gee. Vestig die aandag op die treffende prente op die voorste en agterste skutblad en hoe hulle gebruik kan word om ’n gesprek te begin. Herinner almal daaraan om eksemplare te kry vir gebruik in die veld hierdie naweek.

Lied 143 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel