Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/96 bl. 1
  • Wie sal na ons boodskap luister?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wie sal na ons boodskap luister?
  • Ons Koninkryksbediening—1996
  • Soortgelyke materiaal
  • Maak seker dat jy teruggaan
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Ons het ’n nuwe hulpmiddel om studies te begin!
    Ons Koninkryksbediening—2001
  • Skraap die vrymoedigheid bymekaar om herbesoeke te doen
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • Ons bring “goeie nuus van iets beters”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1996
km 12/96 bl. 1

Wie sal na ons boodskap luister?

1 Mense word vandag op ’n ongekende skaal deur ’n stortvloed inligting oorval, waarvan baie ydel en selfs misleidend is. As gevolg hiervan voel baie oorweldig, en dit word vir ons ’n uitdaging om hulle na die boodskap van God se Koninkryk te laat luister. Hulle besef nie watter positiewe uitwerking dit op hulle kan hê as hulle na God se Woord luister nie.—Luk. 11:28.

2 Ons verbly ons daarin dat tienduisende mense in baie wêrelddele na daardie boodskap luister en ons aanbod van ’n tuisbybelstudie aanvaar. Maar in ander gebiede is die reaksie glad nie so gunstig nie. Baie van die besoeke wat ons in die bediening doen, lewer geen positiewe resultate op nie, en ons wonder dalk wie na ons boodskap sal luister.

3 Ons moet daarteen waak om ontmoedig te raak. Paulus het verduidelik: “‘Elkeen wat die naam van Jehovah aanroep, sal gered word’. Maar hoe sal hulle hom aanroep . . . van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe sal hulle hoor sonder dat iemand preek? . . . Net soos daar geskrywe staan: ‘Hoe lieflik is die voete van dié wat goeie nuus van goeie dinge bekend maak!’” (Rom. 10:13-15). As ons Koninkryksaad ywerig saai, sal God dit laat groei in diegene wat opreg van hart is.—1 Kor. 3:6.

4 Die sleutel is om gereelde herbesoeke te doen: In gebiede waar dit lyk asof min mense na ons boodskap luister, moet ons ons daarop toespits om enige belangstelling wat ons wel vind verder te ontwikkel, hetsy ons lektuur laat of nie. Moenie sommer tot die gevolgtrekking kom dat jy niks sal uitrig nie. Wanneer ons saad saai, weet ons nie waar dit sukses sal hê nie (Pred. 11:6). As ons voorbereid terugkeer om iemand iets uit die Skrif mee te deel, selfs al is dit net kortliks, kan ons die persoon se hart raak. Ons kan ’n traktaat laat of die jongste tydskrifte aanbied. Uiteindelik sal ons dalk ’n Bybelstudie kan demonstreer. Ons sal aangenaam verras wees om te sien in watter mate Jehovah ons pogings seën.—Ps. 126:5, 6.

5 ’n Traktaat is by ’n vrou gelaat wat ’n bietjie belangstelling getoon het. Sy is eers twee maande later weer tuis gevind, en toe was sy te besig om te gesels. Dieselfde traktaat is weer by haar gelaat. Ondanks die verkondiger se volgehoue pogings om haar by die huis te kry, het dit nog drie maande geduur om met haar in aanraking te kom, en sy was toe siek. Die suster het haar weer die volgende week besoek, en hulle het vlugtig oor die traktaat gesels. Toe die suster die daaropvolgende week terugkeer, het die vrou haar opregte belangstelling in die Koninkryksboodskap uitgespreek. Veranderde omstandighede in haar lewe het haar bewus gemaak van haar geestelike behoefte. ’n Bybelstudie is begin, en daarna het sy elke week geesdriftig gestudeer.

6 Met enigiets wat ons wil laat groei, hetsy dit blomme, groente of belangstelling in die Koninkryksboodskap is, is dit belangrik dat ons dit lewendig hou. Dit verg tyd, inspanning, ’n liefdevolle gesindheid en vasbeslotenheid om nie moed op te gee nie. Verlede jaar is meer as ’n derde van ’n miljoen mense in wie Koninkryksaad wortelgeskiet het, gedoop! As ons aanhou met die predikingswerk sal ons ongetwyfeld nog baie vind wat na ons boodskap sal luister.—Vergelyk Galasiërs 6:9.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel