Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/03 bl. 5
  • Kan jy jou huis beskikbaar stel?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kan jy jou huis beskikbaar stel?
  • Ons Koninkryksbediening—2003
  • Soortgelyke materiaal
  • Vraebus
    Ons Koninkryksbediening—2001
  • Die Gemeentelike Boekstudie—Waarom ons dit nodig het
    Ons Koninkryksbediening—2004
  • Hoe die Gemeentelike Boekstudiereëling ons help
    Ons Koninkryksbediening—2007
  • Hoe om by jou velddiensgroep baat te vind
    Ons Koninkryksbediening—2012
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2003
km 2/03 bl. 5

Kan jy jou huis beskikbaar stel?

1 In die eerste eeu het baie Christene hulle huise beskikbaar gestel sodat dit vir gemeentelike vergaderinge gebruik kon word (1 Kor. 16:19; Kol. 4:15; Filem. 1, 2). Vandag is daar in party gemeentes nie genoeg plekke vir Gemeentelike Boekstudiegroepe en velddiensvergaderinge nie. Dit kan tot gevolg hê dat daar 30 of meer is wat party boekstudiegroepe bywoon, baie meer as die aanbevole getal van ongeveer 15.

2 ’n Groot voorreg: Het jy dit al oorweeg om jou huis vir ’n Gemeentelike Boekstudiegroep beskikbaar te stel? ’n Vertrek wat groot genoeg en skoon is, goeie beligting het en wat genoeg vars lug kry, is ideaal vir hierdie doel. Aangesien die boekstudie ’n gemeentelike vergadering en deel van Jehovah se reëling is om sy volk te onderrig, is dit ’n groot voorreg om ’n boekstudie in jou huis te hê. Baie sê dat hulle geestelik baat gevind het omdat hulle hulle huis hiervoor beskikbaar gestel het.

3 As jy dink dat jou huis geskik is, kan jy gerus vir die ouer manne sê. Hulle soek miskien na bykomende vergaderplekke. As dit nie moontlik is om ’n boekstudie in jou huis te hê nie, kan velddiensvergaderinge dan daar gehou word? Selfs al is daar nie op die oomblik ’n behoefte aan nog vergaderplekke nie, sal die ouer manne bly wees om te weet dat jou huis beskikbaar is. Dalk sal jy in die toekoms die voorreg kan geniet.

4 Toon goeie maniere: Wanneer vergaderinge in iemand se huis gehou word, moet almal wat dit bywoon, respek toon vir die gasheer se eiendom. Ouers moet seker maak dat hulle kinders in die deel van die huis bly wat vir die studie gebruik word en nie in die res van die huis ronddwaal nie. Ons moet ook bedagsaam wees teenoor die bure en seker maak dat ons hulle nie onnodig ongerief veroorsaak nie.—2 Kor. 6:3, 4; 1 Pet. 2:12.

5 Hebreërs 13:16 moedig ons aan om nie te vergeet om “goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want sulke offerandes is vir God welbehaaglik”. Om jou huis vir ’n gemeentelike vergadering beskikbaar te stel, is ’n goeie manier om mededeelsaam te wees en ‘Jehovah met jou waardevolle dinge te eer’.—Spr. 3:9.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel